Air Namibia-werknemer steel glo van passasier
'n Werknemer van Air Namibia en twee ander verdagtes is op Saterdag 13 Mei by die Walvisbaai-lughawe in hegtenis geneem oor die beweerde diefstal van alkohol en ander items.
Die 58-jarige Air Namibia-werknemer is saam met 'n 36-jarige werknemer van South African Express en 'n 29-jarige persoon in hegtenis geneem. 'n Polisieverslag wat op 17 Mei deur adjunkkommissaris Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in Erongo, uitgereik is, het die voorval bevestig.
Die verdagtes het na bewering 'n passasier se bagasie oopgemaak en twee bottels whiskey, 'n bottel wyn, 'n baadjie en 'n paar skoene sonder toestemming geneem. Die passasier was 'n Chinese burger wat op pad na China was. Iikuyu het die waarde van die items op N$4 620 geskat.
Hy het voorts gesê die klaer het opgemerk dat die items vermis is toe hy in China geland het. Hy het sy vriend in Namibië verwittig, wat die saak by die polisie aanhangig gemaak het.
Iikuyu sê die voorval is op kamera vasgelê, wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei het.
“Slegs een bottel whiskey en 'n baadjie is teruggevind. Die klaer sal oor 'n maand terug in Namibië wees om in die saak te getuig,” lui die verslag.
Die verdagtes sal na verwagting hierdie week in die Walvisbaai-landdroshof verskyn. Intussen duur die polisieondersoek na die saak voort.– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie