Air Namibia versus Zim
Air Namibia versus Zim

Air Namibia versus Zim

Dani Booysen
Teen laat Maandag het Air Namibia die bokshandskoene uitgetrek en kaalvuis in die stryd met howe in Zimbabwe ingeklim.

Die nasionale redery het vlugte na Victoria Falls en Harare gestaak en gesê hy gesels op die hoogste vlak met die regering.

In Zimbabwe sal Air Namibia se verwysings na “gevaarlike wetteloosheid” in sommige oorde dalk nie goed afgaan nie.

Gegewe die tradisioneel baie nou bande tussen Namibië en Zimbabwe mag die netelige situasie nie goeie verhoudings in die gedrang bring nie.

Air Namibia se harde houe moet verstaan word teen die agtergrond van skade aan reputasies. Die eis ten bedrae van US$1 miljoen deur 'n gesin van vyf Zimbabwiërs wat in Februarie 2017 op grond van raad deur die Duitse polisie verhoed is om van Windhoek af Frankfurt toe te vlieg (hul eindbestemming was Turkye), is plaaslik nie nuwe nuus nie, maar die naweek se beslaglegging op 'n vliegtuig van Air Namibia was internasionale nuus. Duitsland se argument was glo dat die reisigers nie aan immigrasievoorskrifte voldoen nie, al het hulle visums vir Turkye gehad.

Die Zimbabwiese gesin se frustrasie word nie onderskat nie. Een vraag is egter of die eis nog groter sou wees as hulle in Frankfurt sou moes omdraai.

Die twis moet spoedig opgehelder word met besonderhede deur Air Namibia, plaaslike immigrasie- en Duitse owerhede oor hoekom die gesin deurgang geweier is.

Staatshoofde kan nie aan howe voorskryf nie. Die Zimbabwiese hof moet verkieslik eerder vroeër as later sy oordeel vel.



So sê ander

9 Oktober 2018



Why China's Private Sector Is So Anxious



Some irrational theories about China's private sector have raised heated debate in recent days.

Arguments that “the private sector is leaving the stage” or that there is a “second socialist takeover of business” go against China's fundamental economic system, and run counter to the experience of 40 years of reform and opening-up.

The worries of private enterprises are not new.

The root of private enterprises' an­xiety lies in the fact that discrimination against private enterprises has not yet been eradicated.

Only when China deepens the reform of SOEs will the private sector have sufficient space and institutional support to develop. Only when the private economy flourishes can SOEs adjust their strategic layout and focus on areas better suited to their functions. • CAIXIN GLOBAL

Kommentaar

Republikein 2026-04-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer