Air Namibia se hoofkantoor toe
Air Namibia se hoofkantoor in Windhoek sal tot Sondag 5 Julie gesluit wees.
Dit volg nadat een van Air Namibia se personeellede Maandag ‘n besoek by die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) afgelê het. Een van NAC se personeellede woon in die 77 on Independence-woonstelblok in die hoofstad waar die land se Covid-19-geval nommer 33 was. NAC se hoofkantoor sal tot Maandag 6 Julie gesluit wees.
“Air Namibia se personeellid het Donderdag ‘n dringende vergadering met meer as tien bestuurslede en NAC-personeel gehad wat nou ook in self-isolasie moet gaan,” sê die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Elia Erastus, in ‘n nuusverklaring.
Buiten Air Namibië se onontbeerlike werkers, moet alle ander personeel van hul huise af werk en onmiddellik vir 14 dae in self-isolasie gaan.
Air Namibia hoofkantoor sal môre gedisinfekteer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie