Air Namibia: Huurvliegtuie verkoop
Air Namibia se voortgesette gebruik van vier Embraer ERJ 135-vliegtuie is in die weegskaal, nadat die nasionale lugredery verneem het dié vliegtuie is deur die verhuurder aan 'n Namibiese maatskappy, Westair, verkoop.
Volgens Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paul Nakawa, is die bestuur eers Woensdag 12 Julie hieroor ingelig.
Volgens Nakawa word onderhandel oor die moontlikheid dat die nuwe vliegtuigeienaars die huurkontrak met Air Namibia kan voortsit. Die vliegtuie word vir binnelandse en sekere streeksroetes gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie