Air Nam sny salarisse met 50%
Air Nam sny salarisse met 50%

Air Nam sny salarisse met 50%

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Vlieëniers en ander personeel van Air Namibia wat weens die toe grens en Covid-19-inperkingsmaat­reëls se verlammende uitwerking op lugvaart reeds maande lank met volle salaris tuis sit, is gistermiddag in kennis gestel dat hulle salarisse voor­taan met 50% gesny gaan word.

Mnr. Theo Mberirua, die waarnemende ­uitvoerende hoof, het dit gistermiddag by navraag bevestig nadat 'n brief waarin hy die Namibië Vereniging vir Lugrederyvlieëniers van die besluit inlig, aan Republikein gelek is.

Mberirua het die brief ook aan die Namibië Kajuitwerkersvakbond en die Namibië Vervoer- en Verwantewerkersunie (Natua) gestuur.

Hy sê 'n besluit is in konsultasie met die direksie geneem om die salarisse van niewerkende personeel te halveer tot die rederye weer ten volle operasioneel is en al sy vlugte kan hervat.

Mberirua sê hy hoop dit sal nie vir langer as drie maande nodig wees om koste op hierdie wyse te besnoei nie.

Volgens hom het die redery nie tans die kontantvloei om sy noodsaaklike ­leweransiers te betaal sonder wie se dienste hy nie in staat sal wees om vlugte te hervat nie.

'n Ontstelde werknemer het gister gesê “dit is nadat ons deur die regering verseker is dat hy ons salarisse vir die jaar waarborg”.

“Nou wil ons bestuur daardie geld gebruik om ander onkoste te betaal.”

Mberirua sê in sy brief aan die vlieëniersvereniging die bestuur is deur die direksie versoek om die verliese van die afgelope maande te openbaar. Hy noem egter nie hoeveel dit beloop nie.

Mberirua sê verder in sy brief aan die vlieëniersvereniging hy is nie bewus van 'n waarborg deur die regering dat ­salarisse betaal sal word nie en voeg by die redery is tans nié in staat om dit te kan doen nie.

“As ons nie 'n leweransier soos Embraer betaal nie, sal ons nie ons binnelandse operasies kan hervat nie,” lui sy brief.

Mnr. Elia Erastus, Mberirua se voorganger, het in Mei vanjaar aan Republikein erken die verliese sedert die inperkingsmaatreëls begin het, beloop “meer as N$100 miljoen per maand”. “Ons bloei,” was sy woorde.

Op 'n vraag gister daaroor, sê Mberirua hy is “nie seker van die syfer nie”.

Buitelandse vlugte is op 14 Maart gestaak en ­streekvlugte 'n paar dae later. Hoewel Air Namibia 'n paar repatriasie- en vragvlugte onderneem het en die binnelandse roetes vir 'n kort tyd ná die aanvanklike streng inperkings bedien het, is sy bedrywighede net soos dié van ander lugrederye in die wêreld deur Covid-19 lamgelê.

Mberirua sê Air Namibia se ­kritieke geldnood word van lank voor die inperkings beleef en die redery wurg reeds die afgelope vyf jaar.

Hy sê hy is besig om stelselmatig lank uitstaande skuld te delg en die redery se geldsake reg te ruk.

“Onthou, ons vlieg nie en het die afgelope maande baie van ons normale lopende uitgawes nie gehad nie. Baie van ons verpligtinge aan krediteure is ou skuld.”

Volgens hom het baie ander rederye in die wêreld dieselfde roete gevolg om koste te besnoei terwyl vlugte nie kan plaasvind nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%