Air Nam se vlerke geknip
Air Nam se vlerke geknip

Air Nam se vlerke geknip

Die Vervoerkommissie het sy voet neergesit oor die onhoudbare finansiële situasie by Air Namibia en sy lugdienslisensie opgeskort.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en die feit dat N$8 miljard nodig is om weer solvent sake te doen, aan te dribbel nie.

Dit is die kruks van die Vervoerkommissie van Namibië se brief Maandag aan Air Namibia waarin die nasionale redery in kennis gestel is sy lugdienslisensie vir geskeduleerde vlugte is laasnag om een minuut voor middernag opgeskort.

Daarmee saam is die nasionale redery tot 22 Julie gegee om bewys te lewer dat hy genoeg geld kon kry om uit sy diep put van skuld te kom en aan die voorwaardes van die Lugdienswet, wet 51 van 1949, in terme van veilige dienslewering kan voldoen.

Daarbenewens moet Air Namibia ook toon hy het stappe gedoen om kwessies wat in ’n operasionale veiligheidsoudit deur Lufthansa uitgewys is, reg te stel.

Indien Air Namibia nié daarin slaag om dit te doen nie, word die opskorting om een minuut voor middernag op 22 Julie ’n stap verder geneem en sy lisensie word gekanselleer.

Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE), het dié verwikkeling gister bevestig en gesê indringende gesprekke is met verskeie belangegroepe oor die toekoms van Air Namibia aan die gang.

“Ons behoort binnekort klaar te wees hiermee en sal dan met die publiek kommunikeer,” was sy woorde.

Mnr. Reinhard Gärtner, tussentydse uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA), sê aangesien die lugdienslisensie en die lugoperateursertifikaat (AOC), wat deur NCAA uitgereik word, hand aan hand gaan, het laasgenoemde owerheid geen ander keuse nie as om dieselfde pad as die Vervoerkommissie te stap nie.

Hy het by navraag bevestig die NCAA skort ook die AOC vir geskeduleerde vlugte op.

TWEEDE KEER

Hierdie is die tweede keer in sewe maande dat Air Namibia deur die Vervoerkommissie voor so ’n ultimatum gestel word.

Me. Eldorette Harmse, voorsitter van die kommissie, het in November verlede jaar aan Republikein verduidelik Air Namibia se lugdienslisensie kan ingevolge die lugdienswet opgeskort of gekanselleer word indien die kommissie voel nasionale sekuriteit is in die gedrang, of lugvaartwette word nie nagekom nie.

In die brief wat sy Maandag aan Air Namibia se waarnemende besturende direkteur, mnr. Elia Erastus, en die voorsitter van die direksie, mnr. Escher Luanda, gestuur het, sê Harmse die nasionale redery het op 27 Mei tydens ’n vergadering met die kommissie gesê N$8 miljard is in die huidige boekjaar nodig om die redery weer solvent te kry.

In vanjaar se begroting is net N$983 miljoen, of 12% daarvan, egter toegestaan. Harmse wys daarop N$600 miljoen is nodig om die bestaande verhuringskontrakte vir vliegtuie te eerbiedig.

Daar is gevolglik nie geld beskikbaar om die lang lys krediteure te betaal nie. Een van dié krediteure, die lidwidateurs van Challenge Air SA in België, het juis môre as sperdatum gestel vir die betaling van nagenoeg N$238 miljoen. Gebeur dit nie, kan Air Namibia ’n aansoek om likwidasie verwag.

Oor dié betaling en of dit teen Vrydag gemaak gaan word, het Jooste gister gesê: “Challenge Air is een van vele krediteure wat die reg het om aanspraak te maak op betaling en sal dus nie noodwendig anders hanteer word nie.”

Luanda het gister by navraag bevestig hy het die brief van die Vervoerkommissie ontvang, maar wou nie die inhoud bespreek nie. “Ek is bekommerd die kwessie kan sub judice raak (met ander woorde hof toe gaan) en is daarom nie gemaklik daaroor om kommentaar te lewer nie,” het die direksievoorsitter gesê.

Intussen blyk dit gesprekke vorder met die Lufthansa-groep van lugrederye vir die oorneem van die Windhoek-Luanda-roete.

Jooste het vroeër bevestig Air Namibia gaan hierdie duur roete laat vaar.

Gärtner sê die NCAA en die Lufthansa-groep bespreek nog sekere tegniese aangeleenthede, maar die bilaterale lugdiensooreenkoms (Basa) tussen Namibië en Duitsland bestaan reeds.

Dit is nog nie bekend watter van die redery in die groep op hierdie roete ingespan gaan word wanneer die grense vir buitelandse vlugte in September heropen nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026