Agtjarige doen haar deel
Die ATKV se tak op Gobabis se 'brekel'-projek is volstoom aan die gang.
Tanja Bause
Die agtjarige Klara Beeker van Okahandja het geleer hoe om te brei nadat haar ma, Michelle, vir haar van die “brekel”-projek ten bate van bejaardes vertel het.
“My mamma het vir my die storie uit die koerant voorgelees en ek het besluit om ook te help. Sy het my geleer en ek het in vyf dae my eerste blokkie klaargemaak. Ek gaan nou my tweede een begin,” het sy gesê.
Dié projek vir bejaardes is deur die ATKV se tak op Gobabis, die Tampanne, van stapel gestuur. Hulle het 'n beroep op almal wat kan hekel of brei gedoen om 30 cm x 30 cm blokkies in enige kleur of patroon te hekel of te brei. Die blokkies word dan aanmekaar gewerk en aan bejaardes in Gobabis uitgedeel.
Klara het selfs probeer om haar tweelingboetie, Dawid, te oorreed om vir die projek te brei.
“Ek het gesê hy kan die dik breipenne gebruik, maar hy sê brei is nie vir hom nie. My mamma het my geleer en nou maak ek baie min foute en as ek een maak, is dit ook nie erg nie, want mamma maak dit weer reg.”
Volgens Klara is dit nie besonders wat sy doen nie en behoort almal te help waar en wanneer hulle kan.
“Kinders moet byvoorbeeld ook in die skool ander kinders help.”
Volgens haar pa, Rehan, het Michelle vir die projek begin brei en Klara wou weet wat aangaan. Nadat sy die storie gehoor het, het sy vir die eerste keer in haar lewe breipenne opgetel en gesê leer my, ek wil ook help. Dit was 'n week terug.
“Ek het my vrou en my dogter die hele naweek nie gesien nie behalwe wanneer hulle aan tafel kom sit het, want hulle moes eet. Al wat hulle doen, is brei,” sê Rehan.
PROJEK
Me. Sarina Vermeulen, een van die vier stigterslede van die projek, sê hulle het reeds 11 komberse en 64 blokkies ontvang.
Vermeulen sê: “Ons het besluit om nie die projek te stop nie en om aan te gaan. Mense kan brei of hekel soos hulle wil. Daar sal volgende jaar weer 'n winter wees en ons sal dus die blokkies bymekaarsit, komberse maak en die hele jaar uitdeel soos ons kan.
“Geen tydsbeperking is aan die projek verbonde nie en die bederfiekomberse sal, soos voorraad dit toelaat, uitgedeel word. Mense is welkom om steeds enige kleur blokkies vir ons te hekel of te brei. Skakel my by 081 219 7521 vir verdere reëlings.”– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie