Agtergeblewenes bly (steeds) agter
Agtergeblewenes bly (steeds) agter

Agtergeblewenes bly (steeds) agter

Die gaping tussen ryk en arm gaan net groter word as diepgewortelde ontwikkelingstruikelblokke nie hanteer word nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Namibië word in die jongste verslag vir menslike ontwikkeling in die medium ontwikkelingskategorie geplaas.

Die land is 125ste uit 188 lande en gebiede wat ontwikkeling betref.

Namibië deel dié posisie met Guatemala.

Namibië se Menslike Ontwikkelingsindeks (HDI)-waarde het volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsfonds (UNDP) in 25 jaar met 10,7% gestyg.

In dieselfde tydperk het lewensverwagting by geboorte in ons land met 3,8 jaar toegeneem en die gemiddelde jare van onderrig met 1,1 jaar.

Die verwagte jare van skoolonderrig het met 0,6% toegeneem.

Namibië se Bruto Nasionale Inkomste (GNI) per kapita het die afgelope 25 jaar ook met 68,8% gestyg.

Volgens die VN se verslag was Namibië se HDI in 2015 bogemiddeld vir lande in die medium mens­like ontwikkelingsgroep en ook bogemiddeld vir lande in Afrika suid van die Sahara.

Afrika-lande suid van die Sahara wat naby Namibië op die indeks lê, is Botswana en Suid-Afrika, wat onderskeidelik 108ste en 119de op die ranglys is.

Namibië sak egter verder op die ranglys af wanneer ongelykheid in die land in ag geneem word.

Sowat 37,7% van setels in die parlement word deur vroue gevul, terwyl 38,1% van volwasse vroue ten minste onderrig op sekondêre vlak bereik het.

Dit is vergeleke die 39% van mans.

Vir elke 100 000 lewendige geboortes sterf 265 vroue as gevolg van ­swangerskapverwante oorsake, terwyl die geboortekoers onder tieners 76,8 geboortes per 1 000 vroue tussen die ouderdomme van 15 en 19 jaar is.

Volgens die verslag is die deelname van vroue aan die arbeidsmark in die land 55,7% teenoor die 63,3% vir mans. Sowat 44,9% van die Namibiese bevolking (1,05 miljoen) is op verskeie vlakke arm, terwyl 'n bykomende 19,3% (453 000) naby aan dié soort armoede leef.

Op die globale verhoog word die wêreld se mees agtergeblewe gemeenskappe egter steeds agterweë gelaat in globale ontwikkelingsprioriteite.

“Miljoene mense trek nie voordeel uit vooruitgang nie, met die gaping wat steeds groter word sou diepgewortelde ontwikkelingstruikelblokke, insluitend diskriminasie en ongelyke politieke deelname, nie hanteer word nie,” lui die verslag.

Hoewel die gemiddelde menslike ontwikkeling beduidend in alle streke vanaf 1990 tot 2015 verbeter het, kan dieselfde nie van een uit elke drie mense gesê word nie.

Volgens die UNDP-administrateur, me. Helen Clark, het die wêreld reeds 'n ver pad gekom om uiterste armoede te takel. Dit sluit die verbetering van toegang tot onderwys, gesondheid en sanitasie, en die uitbreiding van moontlikhede vir jong meisies en vroue in.

“Dit is egter net die voorspel tot 'n moontlik moeiliker uitdaging en dít is om te verseker dat die voordele van globale vooruitgang almal bereik.”

Vooruitgang wek veral groot kommer in ontwikkelende lande waar armoede en uitsluiting 'n reuse-uitdaging is, met meer as 300 miljoen mense, 'n derde daarvan kinders, wat in relatiewe armoede leef.

Volgens die verslag is daar in bykans elke land verskeie groepe wat uitdagings hanteer wat kwesbaarheid verhoog en die gaping tussen generasies vergroot.

Vroue en meisies, landelike inwoners, inheemse groepe, etniese ­minderhede, mense met gestremdhede, migrante, vlugtelinge en die LGBTI (lesbiese, gay, biseksuele, trans- en interseksuele)-gemeenskap, is onder dié wat sistematies deur struikelblokke uitgesluit word wat nie net suiwer ekonomies nie, maar ook polities, maatskaplik en kultureel van aard is.

Die verslag sê jare lange patrone van uitsluiting en 'n gebrek aan bemagting van vroue en meisies voer steeds die botoon.

Vroue is geneig om armer te wees, minder te verdien en ook minder moontlikhede as mans te hê. In 100 lande word vroue wettig uitgesluit van sekere werksgeleenthede en in 18 lande het vrouens hul mans se toestemming nodig om te werk.

Gevaarlike praktyke soos genitale verminking en gedwonge huwelike bestaan ook steeds.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026