Agt vasgetrek met dwelms
Landswyd is verskeie verdagtes die naweek met dwelms in hul besit betrap.
Twee mense is Vrydag om 20:50 op Mariental tydens ’n polisieoperasie weens die besit van dagga in hegtenis geneem, luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag
Die eerste verdagte is ’n 18-jarige man wat in die besit van 1 ballie dagga was. Die tweede verdagte is ’n 45-jarige man wat los dagga by hom gehad het. Die waarde van die dagga is nog nie vasgestel nie.
In Ongwediva is ’n 24-jarige man Vrydag om 08:20 met 11 gram kokaïenpoeier ter waarde van N$5 500 in hegtenis geneem.
Vrydag om 10:30 is ’n 46-jarige man in die Halili-nedersetting in die Kavango-Wesstreek met 20 pakkies dagga ter waarde van N$87 900 gearresteer.
’n Dertigjarige man is Vrydag om 16:45 op die C20-pad in die besit van ’n balie dagga in hegtenis geneem. Die waarde is nog nie bekend nie.
’n Man (27) is Vrydag in die parkeerarea van ’n inkoopsentrum op Swakopmund in die besit van 21 gram kokaïenpoeier ter waarde van N$10 500 in hegtenis geneem.
Saterdag om 10:10 is ’n 24-jarige man op Okombahe in die besit van 89 bankies dagga, agt hele en vier kwart Mandax-tablette ter waarde van N$4 610 in hegtenis geneem.
’n Vyf-en-dertigjarige man is Saterdag om 17:20 by die toilette van die Okadila Bar op Omaruru in die besit van vyf halwe en drie kwart Mandax-tablette ter waarde van N$390 in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie