Agt mense sterf in 2 ongelukke op noordepad

27 March 2020 | Ongelukke
Agt mense onder wie ‘n 3 maande oue baba en drie ander kinders het Donderdagnag in twee afsonderlike botsings op die pad tussen Okahandja en Otjiwarongo gesterf. In die een ongeluk het ‘n pa en sy twee kinders gesterf, terwyl hul moeder oorleef het.
Die eerste ongeluk het omstreeks 23:00 Donderdag sowat 35 km vanaf Okahandja plaasgevind, sê die polisie in ‘n verklaring.
Na bewering het ‘n bakkie vanuit ‘n suidelike rigting ‘n vragmotor verbygesteek en toe trompop teen ‘n kombi gebots.
Vier mense is op slag dood, onder wie die bestuurder van die kombi wat alleen in dié voertuig was. Hy was die 32-jarige mnr. Junias Nande.
Die drie mense in die bakkie wat op slag dood is, is Shivute Helena (9), Erasu Vehinda (5) en mnr. Simon Gerhard (67). Me. Fiina Ndeleni Nangombe (22) is met haar aankoms by die staatshospitaal op Okahandja dood. Die oorledenes se naasbestaandes is reeds van hul dood in kennis gestel.
Sowat drie ure later en het ‘n tweede noodlottige ongeluk sowat 5 km noord van die eerste ongelukstoneel plaasgevind.
‘n Vragmotor uit ‘n noordelike rigting het teen ‘n bakkie wat vanaf Okahandja in ‘n noordelike rigting onderweg was, gebots. Die bestuurder van die bakkie en sy een seun is op slag dood, terwyl sy drie maande oue babaseuntjie later by die staatshospitaal op Okahandja gesterf het. Die oorledenes is die 40-jarige mnr. Vilho Amunyela, 10-jarige Natangwe Amunyela, en klein Ameni Amunyela. Me. Elise Mwanyekenge, moeder van die kinders, het oorleef.
Die bestuurder van die vragmotor en sy hulpbestuurder het ligte beserings opgedoen.
Die polisie se ondersoek na hierdie ongelukke duur voort.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

4 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

4 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

6 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

7 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

18 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

18 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...