Agt lande staan saam teen malaria
Tanja Bause - Die Elimination 8 (E8)-sekretariaat teen die bestryding van malaria het sy hoofkantoor in Windhoek oopgemaak.
Die sekretariaat bestaan uit onder meer Namibië, Botswana, Swaziland en Suid-Afrika en het ten doel om malaria teen 2020 in dié lande uit te wis.
Angola, Zimbabwe, Mosambiek en Zambië is ook deel van dié agt lande en wil die siekte teen 2030 in hul onderskeie lande uitwis.
Die sekretariaat het 17 verteenwoordigers uit lidlande en me. Kudzai Makowva is die direkteur.
Professor Roly Gosling van die Global Health Group is 'n kenner op die gebied van malaria-uitwissing en sal saam met ander kenners by die kantoor in Windhoek werk.
Die E8 sal mobiele klinieke by strategiese punte oprig waar mense wat Namibië binnekom vir malaria getoets sal word.
“Van die klinieke is in die noorde van die land waar mense uit Angola getoets sal word sodat hulle onmiddellik behandeling kan ontvang,” het Makowva gesê.
Volgens haar werk die span nou met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste saam om die huidige uitbreking van malaria in die Noorde te beveg.
Tydens die ergste uitbreking van die siekte in 1990 het 7 000 mense in Namibië gesterf, terwyl net vier in 2012 hieraan gesterf het.
“Mense wat koors of kopseer het, moet onmiddellik getoets word sodat hulle die nodige mediese behandeling kan ontvang. Mense moet ook onder muskietnette slaap en bestrydingspanne toelaat om hul huise met muskietweerder te spuit, ” het Makowva gesê.
Sir Richard Feachem, direkteur van die Global Health Group, het gesê: “Ons moet ons pogings verdubbel om malaria-uitbrekings onafhanklik van reën te maak, sodat ons reën kan hê sonder 'n groot uitbreking. Ons werk ook saam met die universiteit van Namibië (Unam) om praktiese en nuwe oplossings in die geveg teen malaria te vind.”
Die E8 word grotendeels deur die Global Health Group gefinansier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie