Afspraak met God
Afspraak met God

Afspraak met God

Kerke moes noodgedwonge by die ‘nuwe normaal’ aanpas.
Jeanette Diergaardt – Tydens fase 3 van inperking het die meeste kerke van tegnologie gebruik gemaak terwyl kerkgangers nie dienste kon bywoon nie. Dinge kan nou in fase 4 ietwat na normaal terugkeer, hoewel Covid-19-regulasies steeds streng gevolg moet word.

By die NG-kerk in Eros moet gemeentelede nou betyds vooraf hul plek bespreek vir die 08:00- of 10:00-diens om teleurstelling op Sondae te voorkom. Talle ander kerke hou ook meer as een diens Sondagoggende om almal te kan akkommodeer, of bied aanddienste vir die jonger mense.

Finansieel trek baie kerke swaar om kop bo water te hou en daar moet baie opofferings gemaak word.

Volgens ds. Thijs van der Merwe het die NG Kerk besparingsmaatreëls ingestel deur werknemers se pensioenfondsaftrekkings stop te sit en hulle kon kies om hul mediesefonds af te gradeer. Die salarisse van dominees is ook verminder en die feit dat daar nie kerkdienste was nie, het ook op onkoste bespaar.

Fresh Namibia was darem een stap voor met hul verskeie besighede en is gevolglik nie so hard getref deur die finansiële effek van Covid-19 nie.

Ds. Ernst Coetzee het genoem dat as dinge moeiliker raak, sal salarisaftrekkings wel moet gebeur, maar hulle sal probeer om hul studente te beskerm en finansieel te ondersteun.

Kerke soos die NG kerk het baie van hul dienste op YouTube en Facebook uitgesaai. WhatsApp was ook baie handig om kort boodskappe van bemoediging aan gemeentelede te stuur. Om almal te kan akkommodeer, het die VGK Khomasdal kerk gehou op verskillende tye en in verskillende lokale. Net soos by die NG-kerk is gemeentelede in hul wyke opgedeel om kleiner groepe te kan hanteer.

Fresh Namibia, wat hulself as Netwerkgedrewe Stadsendelinge beskryf, volg ’n evangeliese benadering om gemeentelede te bedien. Hulle het letterlik die kerk na die mense gebring deur besoeke aan verskeie besighede in die hoofstad.

Laasgenoemde kerk het tydens fase 3 ook ’n inrykerk in Olympia begin. Die bak van ’n Land Rover was hul kansel en die gemeente kon van binne hul voertuie na die boodskap deur luidsprekers in die parkeerterrein luister.

Coetzee van Fresh Namibia reken kerke moet hulself “herontwerp” om in hierdie veranderende tye te kan oorleef, veral in die lig dat hoofstroomkerke gemeentelede verloor.

Van der Merwe meen kerke moet in die toekoms aanhou om sosiale media en elektroniese media te gebruik om die tradisionele preek met nuwe fasette aan te vul. Ouer mense moet natuurlik ’n bietjie aanpas om nuwer tegnologie baas te raak, maar vorder dikwels heel goed.

Die warm verwelkomings, drukkies, handdrukke en aanrakings van geliefde mede-Christene bly vir eers iets van die verlede. Tydens die koek en tee ná kerk moet sosiale afstand ook gehandhaaf word.

Baie kerke was gedurende hierdie tydperk gedwing om tegnologie te omhels en kreatiewe maniere te vind om kerk te hou, sowel as begrafnisse en troues. WhatsApp en YouTube was vir baie kerke die uitkoms waar die kleiner byeenkomste aanlyn gevolg kon word.

Begrafnisse waar nie almal kon bywoon nie, se video’s is ook op Facebook gestroom. Troues het plaasgevind met net die belangrikste mense teenwoordig, wat natuurlik vir paartjies ook koste kon bespaar.
Hoewel niemand weet wanneer dinge sal “normaliseer” nie, weet ons darem vir ’n feit die mensdom is baie aanpasbaar.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042