Afrika se jagluiperds mag Indiu00eb toe
Afrika se jagluiperds mag Indiu00eb toe

Afrika se jagluiperds mag Indië toe

Die Cheetah Conservation Fund gaan ’n groot rol in die vestiging van jagluiperds in die Indiese grasveld speel.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Dr. Laurie Marker van Cheetah Conservation Fund (CCF) buite Otjiwarongo is aan die spits van die vestiging van Afrikajagluiperds in Indië ná ’n onlangse uitspraak in dié land se hooggeregshof.

“Ons is opgewonde oor die projek en hoop dit gaan die jagluiperd se oorlewing op die lange duur verseker. Ons is verheug om Indië se regering te kan help,” sê Marker, die CCF se stigter en uitvoerende direkteur.

Die CCF sal bystand aan Indië se Wildlewetrust en Wildlewe-instituut verskaf, asook aan hul regering met ’n loodsprogram wat die jagluiperd in Indië sal hervestig.

Die Asiatiese jagluiperd het in Indië voorgekom, maar die subspesie Acinonyx jubatus venaticus het in die vroeë 1950’s daar uitgesterf.

“Die moontlikheid om die jagluiperd na die Indiese wildernis terug te neem, is absoluut die moeite werd. Dit gaan ’n lang en moeilike proses wees, maar ons aanvaar die uitdaging,” sê Marker.

Sy en die CCF het in 2009 reeds met die Indiese regering gesprekke oor die hervestiging van die jagluiperd van stapel gestuur.

Marker het saam met lede van die Wêreldbewaringsorganisasie (IUCN) se kat-, veeartseny- en hervestigingspesialisgroep na Indië gereis om ’n reeks vergaderings oor die vestiging van die Afrikajagluiperd (Acinonyx jubatus jubatus) by te woon.

In 2011 het sy na Indië teruggekeer om plekke te besoek om die geskikte habitat en prooibasis vir jagluiperds te vind, en om die teenwoordigheid van natuurlike roofdiere te bepaal.

Marker het haar voorleggings aan die Indiese wildlewe-owerhede verskaf, wat op haar bevindings gebaseer is.

Ná byna ’n dekade het Indië se hooggeregshof die groen lig vir die jagluiperd-loodsprogram gegee.

Bewaringsfonds

“Om jagluiperds van uitwissing te red, moet ons vir hulle permanente plekke op die aarde vestig. Indië het grasvelde en oop woudhabitatte wat ideaal vir hierdie spesie is,” sê Marker.

“Indië se regering meen die hervestiging van die jagluiperd is ’n manier om gesonde biodiversiteit aan te moedig. Hulle kyk na die groter prentjie.”

Die CCF sal nou beraadslaag met regerings van Afrikalande wat jagluiperds kan verskaf, wat by die program ingesluit kan word.

“Enige verskuiwing van ’n jagluiperd sal dienooreenkomstig die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) gedoen word,” sê die fonds.

“Verskeie opsies word reeds waargeneem, en daar sal met die IUCN en internasionale jagluiperdbewaringsgemeenskap beraadslaag word.”

Die CCF se personeel sal tegniese ondersteuning tydens die ontplooiing verskaf.



’n Klein Asiese jagluiperdbevolking kan nog in Iran gesien word, waar dit kritiek bedreig is.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15%