Afrikadag fokus op ontheemding
Die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal, mnr. Antonio Gutterres, het ’n spesiale boodskap uitgereik ter viering van Afrikadag, wat op 25 Mei plaasvind.
Dit sal die 56ste keer wees wat dié dag gevier word.
“Sedert ek in 2017 die VN se sekretaris-generaal geword het, het ek voorkeur gegee aan die strategiese vennootskap tussen die VN en die Afrika-unie.
“Ons bied sterk ondersteuning aan AU-inisiatiewe oor voorkoming en bemiddeling, wat Silencing the Guns teen 2020 en die African Women Leaders Network insluit,” sê hy.
Vanjaar se tema is “Vlugtelinge, terugkerendes en IDP’s (internasionale ontwikkelingsprogramme): na blywende oplossings vir gedwonge ontheemding in Afrika”.
Volgens Gutterres is Afrika se toewyding aan vlugtelinge se veiligheid en waardigheid ’n voorbeeld vir die wêreld.
“Saam moet ons aan volhoubare ontwikkeling werk en gedwonge ontheemding voorkom en daarop reageer, nie net in Afrika nie, maar oraloor die wêreld,” het hy gesê.
“Ons werk ook nou saam met die AU en Afrikalidlande om klimaatsverandering te bekamp.
Die Afrikavasteland lewer ’n onbeduidende bydrae tot klimaatsverandering, maar gaan gebuk onder van sy mees dramatiese en verwoestende gevolge.
As ons (koolstof)uitlatings nie vinnig beperk nie, gaan klimaatsverandering ernstige gevolge hê, wat beide volhoubare ontwikkeling en veiligheid in Afrika sal ondermyn,” het Gutterres gesê.
Die hernude klem op die strategiese vennootskap tussen die VN en die AU werp reeds vrugte af.
“Kom ons bou voort op hierdie sterk fondamente om ons samewerking doeltreffend te maak, gebaseer op die beginsels van Afrika-eienaarskap, wedersydse respek, aanvullendheid en interafhanklikheid.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie