Afrika het betroubare staatsman in Chirac gehad
President Hage Geingob het sy simpatie betuig met die inwoners van Frankryk en die familie van die voormalige Franse president Jacques René Chirac wat gister dood is.
In ‘n plasing op sy persoonlike Facebook-blad gee Geingob erkenning aan Chirac se rol in die ontwikkeling van Afrika.
“In president Chirac het Afrika ‘n betroubare staatsman gehad wat nou en passievol as ‘n vennoot in die vasteland se ontwikkeling gewerk het. Mag sy siel in vrede rus,” het Geingob gesê.
Chirac wat in die ouderdom van 86 jaar dood is, was van 1995 tot 2007 die Franse president en mede-prins van Andorra. Hy was ook vanaf 1974 tot 1976 en vanaf 1986 tot 1988 die eerste minister van Frankryk en ook die burgemeester van Parys van 1977 tot 1995.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie