Afrika gaan baie dividende lewer
Jo-Maré Duddy - Moenie Afrika op sy baadjie van veral die verlede takseer nie – die vasteland se storie is besig om te verander en gaan as 'n suksesverhaal ontvou.
In 'n neutedop is dit die boodskap van Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital.
Dié Suid-Afrikaanse markkenner en aanbieder van kykNET se Sakegesprek was Vrydag die gasspreker tydens die eerste van 'n reeks sakeontbytsessies wat vanjaar deur Business7 aangebied word.
Business7 is Namibia Media Holdings (NMH) se tweeweeklikse ekonomiese- en finansiële publikasie wat in Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung verskyn.
Met die intrapslag het Vorster sy optimisme oor Afrika met drie voorblaaie van die gesaghebbende publikasie, The Economist, geïllustreer.
In 2000 was daar 'n kaart van Afrika met 'n soldaat op een van The Economist se voorblaaie en het dit uitbasiun: “The hopeless continent”.
In 2011 was een van die voorblaaie van 'n kind wat met 'n helderkleurige vlieër van Afrika oor die vlaktes hardloop en was die opskrif: “Africa Rising”.
Skaars twee jaar later het 'n landskap met 'n kameelperd op een van die voorblaaie gepryk met die boodskap: “Aspiring Africa”.
As prentjies jou nie beïndruk nie, kyk na die syfers: In 2000 was Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) US$587 miljard.
In 2013 was dit US$2 103 miljard – sowat 258% méér.
Die vasteland se bevolking het in dié bietjie meer as 'n dekade met bykans 40% tot 1,127 miljard gegroei, terwyl BBP per capita met amper 160% tot US$1 866 gestyg het.
Afrika het twee groot pluspunte wat ekonomiese vrugte gaan afwerp, sê Vorster. Verstedeliking en die vasteland se demografie, met 'n reusebevolking van jongmense onder 30, gaan dividende lewer.
Grootskaalse verstedeliking vind op die vasteland plaas en stedelinge is twee tot drie keer meer produktief as hul medeburgers op die platteland, sê hy.
Boonop het geletterdheid, die aantal jare van formele onderwys wat Afrikane gemiddeld ondergaan, en die politieke bestel in verskeie lande aansienlik verbeter.
“Afrika is briljant geposisioneer om uit dié massiewe veranderinge voordeel te trek,” sê Vorster.
Volgens hom gaan die ekonomie van Suider-Afrika binne die volgende 15 jaar verdubbel en bied dit ongelooflike groeigeleenthede.
Veral landbou maak Vorster opgewonde. Innoverings gaan boere in Afrika binne die volgende 15 jaar in staat stel om hul opbrengste met die helfte te vermeerder.
'n Volledige onderhoud met Vorster verskyn Woensdag in Business7.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie