Affies teen WHS beloof nóg 'n hoogtepunt

Skolerugby
Andrew Poolman
Die eerste rugbyspan van KMC/JCC Windhoek Afrikaanse Privaatskool het voor- én agterlangs indrukwekkend gelyk toe hulle laas Saterdag op hul tuisveld met 42-31 teen Rubicon Tsumeb Gimnasium gewen het.

Dié kragmeting was beide deel van die FNB Classic Clashes, asook 'n botsing in die Momentum onder 19 premierliga.

Afrigter Johan Zaayman se manne kom vanmiddag om halfvier weer by Affiespark teen Samsung Windhoek Hoërskool te staan.

Zaayman en sy WHS-eweknie Henry Kemp het tevore saam by WAP afgerig en is dus goed vertroud met mekaar se benaderings en sterk punte.

Hoewel beide spanne ongeag vandag se uitslag min moeite behoort te ondervind om vir die Superliga-uitklopfase te kwalifiseer, behoort die vyftientalle mekaar vandag reeds geen duim skiet te gee nie.

Windhoek Affies is ná net drie wedstryde die enigste onoorwonne span in die topliga, met die verdedigende kampioen Schoemans-groep Windhoek Gimnasium (40-8), Mototech Pro-Ed Akademie (31-19) en Tsumeb sy slagoffers sover.

WHS het sy seisoen met 'n nederlaag op Tsumeb afgeskop (6-19), maar het daarna teen Windhoek Gimnasium gewen (27-13).

Die bewese wedstrydwenners in die Koedoebulle se agterlyn, soos losskakel Delron Brandt of die veelsydige sneller Elmarco Beukes, is reeds welbekend – maar net so het Affies ook reeds vanjaar gewys dat hy niemand se speelmaat is nie.

Die blitsige skrumskakel en kaptein Danie van der Merwe en die woelige bulstut Jurgen-Leigh Human is maar net die twee van die WAP-staatmakers vir wie geen toeskouer juis sal kan miskyk nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A