Adam reik nuwe video uit
Die gewilde Suid-Afrikaanse popgroep Adam het ''n splinternuwe musiekvideo, Vergifnis, uitgereik. Ná hul eerste album, Adam, in 2011 verskyn het, het die groep die volgende jaar Vir jou gemaak en daarna Goud (2014) uitgereik. Al drie die albums het goue status bereik.
Adam, wat bestaan uit Hugo Ludik, Kyle Grant en Reynardt Hugo, se vierde Afrikaanse album getiteld Hoogtevrees is in Augustus vanjaar uitgereik. Die titelsnit van die album het nommer een op verskeie radiostasies se treffersparades gehaal. Die tweede enkelsnit Vergifnis wat onlangs uitgereik is, is kort op sy hakke.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie