Absa sleep OB hof toe

Absa gaan die hooggeregshof vra om die verslag van die openbare beskermer (OB) te laat hersien en tersyde te laat stel.
Absa sê in 'n verklaring “verskeie wanvoorstellings en feitelike onakkuraathede” vorm die grondslag van die verslag wat adv. Busisiwe Mkhwebane, die Suid-Afrikaanse openbare beskermer (OB), Maandag uitgereik het. Dit handel oor die reddingspakket van R1,125 miljard wat die Reserwebank in die 1980's en 1990's aan Bankorp gegee het om te keer dat dié bank ondergaan. Absa het Bankorp later oorgekoop.

Absa sê hy respekteer grondwetlike instellings en het tot dusver “alles moontlik gedoen” om met die kantoor van die OB saam te werk.

Die bank sê die OB het Absa se omvattende voorleggings “effektiewelik geïgnoreer of misverstaan”.

“Die verslag laat Absa met geen keuse nie as om hom op die hof te beroep, waarvoor die Grondwet voorsiening maak indien 'n aangetaste party met die bevindings van die OB verskil.”

Absa sê hy neem ook eksepsie teen die OB se opdrag dat die parlement die Grondwet herskryf om die mandaat van die Reserwerbank aan te pas. Die bank sê volgens sy regsadvies het die OB nie die mag ingevolge die Wet op die Openbare Beskermer om dit te doen nie.

“Haar aanbeveling skep 'n ernstige risiko vir die finansiële stelsel en mag nie net daar gelaat word nie.”

Die Reserwebank het ook Dinsdag aangedui dat hy die hof gaan nader. Volgens die bank val die regstellende stappe wat die OB aanbeveel, buite haar magte en is dit onwettig.

Absa sê die OB kom tot 'n ander gevolgtrekking oor die Bankorp-skuld as die ondersoek wat deur regter Dennis Davis en 'n paneel deskundiges gedoen is, hoewel sy dié paneel se verslag van 2002 aanhaal.

“Die Davis-paneel het onomwonde bevind dat Absa nie geld verskuldig is nie omdat dit billike waarde vir Bankorp betaal het.”

Absa sê die Davis-paneel het bevind dat Absa-aandeelhouers nie bevoordeel is deur die Reserwebank se hulp aan Bankorp nie, maar eerder Sanlam-polishouers en lede van Sanlam se pensioenfonds, asook minderheidsaandeelhouers van Bankorp.

Die OB se gevolgtrekking, dat Absa se aandeelhouers “onregmatige voordeel getrek het”, is volgens Absa “irrasioneel”.

Dit verduidelik nie hoe die OB presies die teenoorgestelde bevinding bereik as die Davis-paneel nie.

Absa sê dis ook opmerklik dat die voorlopige OB-verslag reeds in Januarie uitgelek is.

Dit het aangevoer dr. Chris Stals, voormalige president van die Resewerbank, het getuig dat 'n rentekoers van 16% op die Bankorp-Absa-lening gehef is, pleks van 1%. Stals het daarna ten sterkste ontken dat dit sy getuienis was.

Dié beweerde getuienis is nie deel van die finale OB-verslag nie.

“Voor ons voorleggings aan die OB het ons toegang versoek tot dokumente in haar besit wat 'n wesentlike invloed op ons posisie het.

“Daardie versoek is om onregverdigbare redes geweier.

“Die OB se verklaring dat sy bevindings nie betwis word nie, word dus beveg.”- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056