Aarde se longe brand

27 August 2019 | Omgewing
Dr. Kobus Laubscher



Die brand in die Amasone is 'n ramp van onmeetbare afme­tings te midde van die toe­nemende bedreiging van skadelike kweekhuisgasse. Die rede daarvoor is dat woude die aarde se longe is.

'n Onlangse publikasie van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) gee groter insig oor die sogenaamde geheime van woude. Woude bestaan meestal uit bome, wat wesenlik deel is van ons alledaagse lewe. Ons waardeer dit dalk te min, want vir te lank is bome as vanselfsprekend aanvaar. Dit versier strate, gee balans in tuine en wie kan nie getuig van die waarde van die skadu van 'n boom te midde van 'n bloedige warm dag nie.

Daarbenewens verskaf bome ook energie; ons maak vuur van die hout, dit gee kos soos vrugte, neute en het in baie gevalle medisinale waarde. Die voordele is voor die hand liggend. Daar is egter 'n legio voordele wat nie met die blote oog gesien kan word nie.

Bome en woude is die stil, harde werkers wat water skoonmaak en die lug suiwer om ons almal sodoende te beskerm teen die duidelik waarneembare nadele van klimaatsverandering.

Bome en woude is dus ons beskerm­engele en voorsien aan meer as 'n miljard mense op aarde kos, energie en medisyne wat dit nie sou gehad het as dit nie vir bome en woude was nie.

Meer as twee derdes van die wêreld se biodiversiteit setel in woude en huisves terselfdertyd ook van die aarde se armste mense. Dit is juis in van dié woude waar “nuwe bevolkings” nog onlangs ontdek is.

Gegewe die kritieke rol van woude is dit baie gepas om kennis te neem van die sogenaamde sewe geheime van woude soos onlangs deur die FAO gepubliseer is.

Die eerste geheim is dikwels onopsigtelik in die sin dat ons dit net eenvoudig aanvaar dat daar vrugte en ander eetbare produkte op die rakke van die winkels is.

Bykans 50% van alle vrugte wat ons eet, kom van bome af en dan reken ons nie eers die speserye en neute daaronder nie. Wat sou ons doen sonder sulke bome?

Tweedens leef meer as 250 miljoen mense, onder wie 40% van die armste mense op aarde, in woude en is hoofsaaklik afhanklik van wat daardie gebiede oplewer om te kan eet. Vir hierdie mense is gesonde woude gelykstaande aan lewensversekering.

Derdens is woude die nommer een verskaffer van drinkwater vir tot een derde van die wêreld se grootste stede, waaronder New York en Moembai. Talle bekende riviere ontspring juis in woude en dit juis hier waar noodsaaklike filtrering van dié water plaasvind.

Die vierde geheim is dat ongeveer een derde van die wêreld se bevolking aangewese is op hout vir hul energiebehoeftes in terme van kook en verhitting. Woude verskaf na raming 40% van die wêreld se hernubare energie – soveel as wat sonenergie, hidrologiese kragopwekking en wind gesamentlik lewer.

Bome wat afgesaag word, groei weer, maar dit word al hoe noodsaakliker dat daar versigtig gehandel moet word met hul hergroei-vermoë.

Bome en woude word as helde voorgestel, wat hulle inderdaad is. Bome en woude veg saam teen die negatiewe impak van klimaatsverandering deurdat dit die lug suiwer en die aarde afkoel. Verder dra dit tot ontspanning vir mens en dier by.

Die sesde geheim het te make met woude en bome se vermoë om koolstof uit die atmosfeer te verwyder en te berg – tot soveel as 2 miljard ton elke jaar. Die ander kant van die munt is egter ewe waar, want as bome en woude afgekap word, stel dit die opgebergde koolstof vry.

Ontbossing of die vernietiging van woude is die tweede grootste rede vir klimaatsverandering naas die verbranding van fossielbrandstof. Dit verteenwoordig tot 20% van dié besoedeling, wat selfs meer is as die totale bydrae van die vervoersektor wêreldwyd.

In die laaste instansie moet die ontspanningswaarde van bome nie onderskat word nie. Ekotoerisme groei tot drie maal vinniger as die gewone toerisme­bedryf en dra tans tot 20% van die wêreld­ekonomie by.

Navorsing toon verder sogenaamde groen gebiede in stede dra tot verlaagde vetsug en misdaad by.

Kinders wat met vetsug sukkel se reaksie op behandeling is beter as hulle blootgestel word aan groen ruimtes in stede versus dié wat nie daardie voorreg het nie.

Dit laat mens wonder oor die alternatiewe waarde van indringerbos in Namibië.

Soortgelyk

 

Meegesleurde Okahandja-vrou steeds soek

1 uur gelede |

Elvira Hattingh - Die 42-jarige vrou wat gisteroggend deur die water meegesleur is toe sy en twee ander mense die Okahandjarivier te voet wou oorsteek,...

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

3 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

14 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

14 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

14 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

14 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...