Aardbewing lei tot noodtoestand
Peru
Peru se suidelike kusgebied is Sondag deur 'n aardbewing geskud, wat die lewe van minstens een persoon geëis het en dosyne ander beseer het. Die regering van Peru het 'n noodtoestand in die geraakte gebied afgekondig.
Die aardbewing wat 6,8 op die Richterskaal geregistreer het, is tot in die hoofstad, Lima, gevoel.
Reddingspanne het tente en matrasse verskaf aan sommige mense wat dakloos gelaat is nadat hul huise in puin gelê is.
Die Nazca- en Suid-Amerikaanse tektoniese plate kom onder Peru byeen wat seismiese aktiwiteite veroorsaak.
– Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie