Aanlyn geweld 'n werklikheid

Teistering anoniem, grensloos

26 November 2021 | Tegnologie
Henriette Lamprecht

Digitale geweld is verwoestend, grensloos en dikwels anoniem, met meer as 85% van vroue en meisies wat dit al aanlyn ervaar het of die getuies daarvan was.

Volgens die uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA), dr. Natalia Kanem, neem digitale geweld verskeie vorme aan. Kanem het tydens die Wêrelddag vir die Beëindiging van Geweld teen Vroue gesê oortreders kan vroue en meisies aanlyn teister.

“Hulle kan vir jare foto’s van vroue en meisies se gesigte op seksuele foto’s gebruik en dit in die sosiale media versprei,” het sy gesê.

Sy het ook verwys na verwoestende aanlyn veldtogte van haatspraak en teistering wat vroue in openbare posisies teiken.

Kanem het erken die wêreld weet nog te min van aanlyn teistering en meer moet gedoen word om dit te definieer en te meet.

“Ons moet beter verstaan watter vorme dit aanneem, watter impak dit het en hoe om dit te voorkom.”

Sy het gemaan wanneer en waar enige geweld teen vroue en meisies voorkom, dit ’n skending van menseregte is.

Vanjaar fokus die veldtog op aanlyn geweld teen vroue wat buiten die voor die hand liggende bedreiging tot geestelike en fisieke gesondheid ook vroue dwing om eerder nie tyd hieraan te bestee nie.

“Wanneer meisies hul onderrig onderbreek of verkose vroue-parlementariërs nie hul pligte kan uitvoer weens aanlyn teistering nie, word hul menseregte geskend. So verloor ons hul vaardighede en leierskap in ons gemeenskappe.”

In die lig hiervan doen UNFPA ’n beroep op regerings en tegnologie-maatskappye om die leiding in die beëindiging van digitale geweld teen vroue en meisies te neem.

“Ons doen ’n beroep op wetgewers, joernaliste, die burgerlike samelewing en dié met invloed om standpunt in te neem en op te tree.”

Volgens Kanem het vroue en meisies oraloor die wêreld tans minder maniere om hulself aanlyn te beskerm as kopiereg op intellektuele eiendom. Om kopiereg te skend, kan lei tot die onmiddellike verwydering van materiaal en strafregtelike boetes.

“Vroue en meisies wie se foto’s sonder hul toestemming versprei word, moet soveel meer beskerming geniet.”

Sy het gemaan digitale geweld breek deur grense en regsraamwerke en om dit te beëindig vereis nuwe denkpatrone en nuwe samewerking tussen wetgewers en digitale maatskappye. ’n Spesiale fokus is ook nodig vir jong mense wie se grootskaalse gebruik van tegnologie hulle in ’n hoë risiko-kategorie plaas.

“Hulle moet die inligting en die maniere hê om hulself ten volle te beskerm.”

Volgens Kanem beweeg al hoe meer mense, dienste en aktiwiteite aanlyn wat ook meer digitale geweld teen meisies en vroue beteken.

“Ons moet die omvang van die krisis besef. Die reg om vry van geweld te leef, is oral van toepassing en verdwyn nie met ’n internetverbinding nie. Die virtuele en digitale wêreld is ’n werklikheid en dit moet veilig wees.” – [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...