Aanbouings by Huis Acacia vorder fluks
Bouwerk aan Huis Acacia, die tussentydse woning van die Kankervereniging van Namibië (CAN) vir Namibiese kankerpasiënte, vorder flink.
Die eerste pasiënte vir die nuwe vleuel sal na verwagtig teen Junie vanjaar hul intrek kan neem.
Die aanbou van die nuwe vleuel is genoodsaak deur ’n toenemende styging in die aantal kankergevalle wat in die land aangemeld word. Die meeste kankerpasiënte word na Windhoek vir behandeling verwys, met verblyf wat dikwels ’n groot finansiële las vir die pasiënte en hul gesinne is.
Die kankervereniging het die eiendom in 1985 vir N$100 000 aangekoop. Opknappings is teen ’n beraamde koste van N$90 000 gedoen en in 1995 tot 1996 is ’n nuwe vleuel vir tien pasiënte aangebou.
Wanneer die huidige bouprojek by Huis Acacia voltooi is, sal ’n bykomende 13 pasiënte daagliks hier gehuisves kan word.
Huis Acacia sal dan 34 pasiënte kan akkommodeer. Die gratis verblyf sluit drie gebalanseerde maaltye per dag asook vervoer na mediese sentrums in. CAN het sy dank uitgespreek teenoor die Namsov-gemeenskaptrust, First National Bank, Namibia Breweries en die Bank Windhoek Kankerappelprojek wat saam met die ondersteuning van Namibiërs se oop harte en beursies die bouwerk moontlik gemaak het. Die vereniging het ’n beroep op die publiek gedoen om insamelingsprojekte van en skenkings aan CAN te ondersteun om sodoende die voortgesette werksaamhede by Huis Acacia te verseker.
Namibiërs wat met kanker diagnoseer is, kan CAN by (061) 237 740 of per e-pos by [email protected] vir ondersteuning kontak. CAN se sambeelprogram, Pilare van Hoop, verseker dat pasiënte finansieel en emosioneel ondersteun word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie