A330u2019s sluk maandeliks miljoene
A330u2019s sluk maandeliks miljoene

A330’s sluk maandeliks miljoene

Die nasionale redery se langafstandvliegtuie is sy Achillieshiel, het die minister van staatsondernemings erken.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die Airbus A330-300’s kos Air Namibia maandeliks miljoene.

Dit is nog voordat enige operasionele koste aangegaan is om hulle op die Windhoek-Frankfurt-roete te gebruik.

Hierdie twee vliegtuie word saam met twee van die A319’s oor ’n tydperk van 12 jaar by Castlelake Aviation gehuur, wat maandeliks in Amerikaanse dollar betaal word, sê ’n ingeligte lugvaartbron.

Om hierdie ooreenkoms te eerbiedig, kos die redery maandeliks tussen N$50 miljoen en N$60 miljoen, sê die bron.

Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE’s,) het Dinsdagmiddag aan joernaliste erken hierdie twee langafstandvliegtuie is die sukkelende redery se Achillieshiel.

“Air Namibia het nou eers die halfpadmerk van die ooreenkoms bereik en daar is geen uitredeklousule nie,” het Jooste gesê. Die fluktuerende wisselkoers is die ander dilemma.

“Ons moet alternatiewe roetes vir hierdie vliegtuie vind, maar die lewensvatbaarstudies hiervoor lyk ook nie rooskleurig nie,” was sy woorde.

PAD VORENTOE

Jooste het gesê internasionale lugvaartkenners is aangestel om met ’n nuwe sakeplan vir die bloeiende nasionale lugredery vorendag te kom.

Die kabinetskomitee vir openbare ondernemings het ’n konsultasiemaatskappy met “baie spesifieke verwysingsterme” aangestel om met ‘n sakemodel vorendag te kom wat sal verseker die beleërde Air Namibia kan binne ‘n tydperk van drie jaar ‘n winsdrempel bereik.

Hy sê met die huidige sakemodel kan die redery nie kommersieel lewensvatbaar word nie.

Die span konsultante bestaan uit internasionale lugvaartkenners wat reeds ‘n “optimale” sakemodel geïdentifiseer het. Volgens Jooste het dit ‘n meer akkurate prentjie van die verskeie werklikhede van Air Namibia geskets en wat nodig mag wees om dit te kommersieel lewensvatbaar te maak.

Wanneer die sakemodel goedgekeur is, moet die konsultante ‘n strategiese sakeplan ontwerp en integreer.

Die kabinetskomitee vir algehele beleid en prioriteite (CCOPP) het die lewensvatbaarheid en die pad vorentoe vir Air Namibia verlede Woensdag bespreek.

“Ons het na ‘n realistiese blik van Air Namibia in sy huidige vorm gekyk, asook sy skuldvlakke en die koste daaraan verbonde om dit in die lewensvatbare redery te verander wat ons almal wil sien.

Die kosprys van alle opsies is bereken.

“Die opsies wat bespreek word is of Air Namibia moet aangaan soos nou, en hoe dit sal gaan met ‘n ander besigheidsmodel. Air Namibia se personeel het gesê hoe hulle dink sekere ondoeltreffendhede reggestel moet word.

“Die laaste opsie – en dit is nié die enigste een nie – is die moontlike likwidering van die redery,” het Jooste gesê.

Op ‘n vraag of ‘n land met ‘n bevolking so klein soos Namibië met ‘n eie redery moet voortgaan, het Jooste gesê: “Air Namibia in ‘n ander vorm sal ‘n bate vir die land wees. Die binnelandse vlugte is ‘n goeie diens. Die streeks- en internasionale roetes word reeds deur mededingers bedien, soos ons weet.

“Daar is nie groot strategiese voordele nie, maar die bydrae wat hy binnelands lewer, is baie waardevol.”

Air Namibia is sedert sy ontstaan in die vroeë negentigs ‘n finansiële las vir belastingbetalers aangesien dit nog nooit wins gemaak het nie.

Die rederye se onvermoë om skuldverpligtinge na te kom, lê op die oomblik vlugte lam en verontrief passasiers. Net sowat die helfte van die vliegtuie van die vloot van tien is op die oomblik in gebruik.

Volgens Jooste is die ontwrigting kortstondig en word dit deur ‘n burokratiese probleem met die vrystelling van die geld aan diensverskaffers veroorsaak.

Omdat drie van die Airbus A319’s nie tans vlieg nie, verloor die redery inkomste op daardie roetes en moet hy betaal om sy passasiers met ander rederye te laat vlieg.

GELDNOOD

Volgens die lugvaartbron beloop Air Namibia se verliese jaarliks sowat N$700 miljoen.

Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paul Nakawa, het by navraag hierop gesê die redery se finansiële verliese is “baie minder as sy bydrae tot die ekonomie”.

Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se uitvoerende hoof, mnr. Bisey /Uirab, het Air Namibia intussen op 22 Mei in kennis gestel hy gaan nie die grondhanteringsooreenkoms by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako hernu nie.

/Uirab sê in ‘n brief Air Namibia het sekere klousules van die ooreenkoms verbreek, soos om nie vir sekere dienste oor jare heen te betaal nie.

Hierdie ooreenkoms het op 31 Oktober verlede jaar verval, maar die NAC het Air Namibia 'n verdere ses maande kennis gegee om effektief van 1 Junie tot 30 November grondhantering by die lughawe "te ontruim en te staak".

“Ons is oop vir besprekings, maar ons moet 'n besigheid bedryf,” was al wat /Uirab bereid was om hierop te sê.

Volgens hom sal die NAC binnekort 'n nasionale bodproses vir grondhanteringsdienste van stapel stuur en Air Namibia kan daaraan deelneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!