94ste Oscars in Namibië se visier

Plaaslike benoemings nou oop

01 October 2021 | Kuns en vermaak
Die Akademie vir Rolprentkuns en Wetenskap het die Nami­biese Filmkommissie (NFC) verlede maand toestemming gegee om 'n keurkomitee van agt Namibiese inhoudskeppers en filmmakers aan te stel voor die 2022 Academy Awards, ofte wel die Oscars.

Dié komitee aanvaar nou Namibiese benoemings vir die 94ste Oscar-toekenningsgeleentheid, wat in Maart volgende jaar in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, aangebied sal word.

Namibiese films word uitgenooi om in te skryf om uiteindelik in die internasionale speelfilm- en/of dokumentêre kategorie mee te ding.

Die sperdatum vir plaaslike inskrywings is 15 Oktober om 17:00. Die Namibia International Feature Film Awards-keurkomitee sal een rolprent kies as die land se amptelike inskrywing in die bogenoemde kategorieë.

Dié verwikkeling word deur die NFC as 'n nuwe en opwindende fase in die Namibiese rolprentbedryf beskryf.

“Hierdie geleentheid maak nuwe deure vir Namibiese films oop, en inspireer alle rolprentmakers om na uitnemendheid te streef en binne die internasionale rolprentgemeenskap mee te ding en hul werk en kuns moontlik die erkenning te laat kry wat dit verdien,” lui 'n mediaverklaring wat die NFC Maandag uitgereik het.



STEL JOU DIE OOMBLIK VOOR

“Boonop maak ons nie net films meer vir onsself – ons plaaslike en kontinentale gemeenskap – nie. Daar is nou 'n moontlikheid om ons verhale op die wêreldwye verhoog te vertel.”

Die Oscars is nie net 'n simbool van uitnemendheid nie, maar word deur die internasionale rolprentgemeenskap as die hoogste filmprestasie erken.

Namibië het moontlik nie vanjaar of selfs volgende jaar 'n film om in te skryf nie, maar elke rolprentmaker het die geleentheid om 'n oomblik voor te stel waar hulle erkenning vir hul harde werk kan ontvang en saam met rolprente vanoor die hele wêreld deur hul eweknieë waardeer kan word, het die kommissie gesê.

[email protected]

FOTO’s
Namibiese rolprente soos 'Hairareb' en 'The White Line' is onderskeidelik in 2019 en 2020 uitgereik. Foto's Facebook (Namibia Film Commission)

Soortgelyk

 

Namibiër met Omicron: Kontakopsporing begin

2 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het reeds begin om die mense op te spoor met wie die Namibiese diplomaat wat...

Beleggingswet op ys … vir nou

2 ure gelede | Regering

Brigitte WeidlichDie minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, het gistermiddag die konsepwet op die bevordering en fasilitering van beleggings in die parlement teruggetrek...

Somer, swem en lafenis

2 ure gelede | In beeld

Die munisipale swembad in Katutura en die een in Olympia is vanaf verlede Saterdag vir die publiek oop. Ingangsfooie by die swembaddens is N$10,50 vir...

Verdediging trap vas oor ‘geheime’

2 ure gelede | Ministeries

Augetto GraigDie ministerie van verdediging en veteranesake se boeke klop nie en die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge moes gister worstel om antwoorde uit...

Geen keer aan brande

2 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseDie brand wat ’n week gelede by die Osona- militêre basis naby Okahandja begin het, het gister laat namiddag nog steeds in die berge...

Vroeë vakansie ná uitgelekte vraestelle

2 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê skole gaan vroeër sluit as wat aanvanklik aangekondig is, om streke in staat te stel om voor...

Namibiërs kan derde dosis Sinopharm kry

2 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibiërs wat volledig met Sinopharm teen Covid-19 ingeënt is, kan nou vir ’n derde bykomende primêre dosis gaan. Die tydsverloop tussen die tweede en...

Pohamba gekritiseer oor uitsettings vanaf sy plaas

2 ure gelede | Politiek

Augetto Graig en Enzo Amuele Nege en sewentig jaar ná haar geboorte op die plaas Guinaspoh, moet me. Amanda Kairises, haar man Alfred en hul...

Landdros in spervuur

2 ure gelede | Howe

Namibian SunDie opskorting in geheel van tien jaar se tronkstraf vir die verkragting van ‘n 13-jarige skooldogter het fel kritiek teen landdros Leopoldt Hangalo van...