93 leerlinge in een klaskamer

Roterende klasse ingestel

22 January 2020 | Onderwys
Kenya Kambowe – Minder as ’n week ná die skooljaar afgeskop het, staar die reuseprobleem van oorvol klaskamers die Gekombineerde Skool Ndama op Rundu in die gesig.

Een graad 1-klas het 93 leerlinge, waarvan die meeste moet staan omdat daar nie genoeg stoele of selfs sitplek op die vloer is nie.

Volgens me. Fillipine Munkanda, die skoolhoof, het 2 652 leerlinge vanjaar by die skool geregistreer – 304 meer as verlede jaar.

Munkanda sê daar is gemiddeld 75 leerlinge in ’n klas, wat meer as dubbel soveel is as wat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur as die norm van een onderwyser per 30 kinders is.

In die klaskamers waar leerlinge heeldag moet staan, kan die onderwysers ook nie gemaklik tussen die leerlinge beweeg nie.

Van die onderwysers sê hulle is gewoond aan dié omstandighede.

“Welkom by die Gekombineerde Skool Ndama. Ons is gewoond aan dié omstandighede,” het ’n onderwyser geskerts.

Verlede jaar het Republikein se susterkoerant Namibian Sun ook by dié skool besoek afgelê ná verskeie ouers oor die omstandighede gekla het.

Toe was daar 114 leerlinge in een klaskamer.

By navraag het Munkanda gesê twee klasse moes gekombineer word sodat een klaskamer plek kan maak vir die leerlinge van hul voerskole, die Senior Primêre Skool Rundu en die Junior Primêre Skool Ndama.

“Die aantal leerlinge van die twee skole het toegeneem en ons moet hulle huisves.”

Munkanda het bygevoeg die vraag na plek in die skool is steeds hoog, hoewel hulle besluit het om vanjaar nie leerlinge van ander skole te aanvaar nie.

Die skool het twee roterende klasse per dag vir graad 4-leerlinge geïmplementeer.

Die eerste klas is van 07:00 tot 11:00 en die tweede klas van 12:00 tot 16:00.

Sy sê die skool se onderwysers bly toegewy daaraan om die kinders van gehalte-onderrig te voorsien.

Sy het egter beklemtoon nuwe klaskamers moet dringend gebou word.

Verlede jaar het die skool in die nasionale eksamen ’n 70%-slaagsyfer behaal, wat ’n 81%-slaagsyfer vir graad 9 insluit.

Die Kavango-Oosstreek se onderwysdirekteur, mnr. Fanuel Kapapero, sê die ministerie beplan om ’n nuwe skool te bou om die druk op Ndama en ander skole te verlig.

Kapapero sê die plan is om nog ’n laerskool te bou wat van die Gekombineerde Skool Ndama se graad 4- tot 7-leerlinge kan huisves.

[email protected]

Soortgelyk

 

Von Bachdam bereik 89%-merk

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Von Bachdam was vanmiddag om 12:00 presies 89% vol en het steeds 6,4 m³ water per sekonde ontvang. Maandag was dit...

Okahandjarivier saai wéér amok

3 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Okahandjarivier het gisternag wéér mnr. James Roux se kleinhoewe buite Okahandja oorstroom en boonop vroegoggend een persoon meegesleur. Die polisie, asook...

Steeds geen kontrak vir diens aan Psemas

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) se nuwe kontrak met gesondheidsdiensverskaffers wat reeds sedert 2017 sloer, is weer uitgestel, die keer tot...

Beeste uit Botswana vul tekort aan

15 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Sowat vier maande nadat Botswana sy grens vir die uitvoer van lewende slagbeeste na Namibië oopgestel het, kon Meatco op Dinsdag 18...

Boer skiet glo 'mieliedief'

15 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Boer van Tsumeb het Maandag op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n vermeende...

Weer, Woensdag 26 Februarie 2020

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en baie warm weer sal in die Kunene-Wesstreek heers. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde,...

Samherji-werkers afgelê

15 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw – Sowat 210 werknemers van die vaartuie MV Saga en MV Geysir gaan aanstaande maand afgelê word. Die werknemers is vroeër vandeesmaand gestrand...

Posisioneer jouself betyds vir groter wins

15 ure gelede | Landbou

Christo du Plessis, Dierevoedingskundige: Feedmaster – In hierdie artikel kyk ons na die sleutelkwessies in rooivleisproduksie wat wins dryf, en hoe fosforaanvulling produsente se winsgewendheid...

N$14 miljoen vir kragprojek bewillig

15 ure gelede | Regering

Yandi du Plessis - ’n Sooispitseremonie vir die voorsiening van krag aan die Otjomuise- en Havana informele nedersettings het Vrydag in Otjomuise in die hoofstad...