92 nuwe gevalle, nog 68 herstel
92 nuwe gevalle, nog 68 herstel

92 nuwe gevalle, nog 68 herstel

Henriette Lamprecht
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê uit 1 310 weefselmonsters wat getoets is, het 92 positief vir Covid-19 getoets. Uit die 92 nuwe gevalle is 48 mans en 44 vroue. Die jongste is sewe maande oud en die oudste 62 jaar oud.

Uit die 92 nuwe gevalle is 52 in Windhoek, ses in Oshakati, 13 in Mariental, een in Rehoboth, vier in Engela, drie in Gobabis, twee in Omuthiya, een in Onandjokwe, twee in Walvisbaai, een in Swakopmund, twee in Rundu, twee in Keetmanshoop en een elk in onderskeidelik Okahandja en Katima Mulilo aangeteken. Volgens Nangombe is die meeste van die nuwe gevalle kontakte van bevestigde gevalle.

Nangombe sê nog 68 mense het herstel wat die totaal op 9 419 te staan bring. Die jongste getal sluit 43 in Khomas, 11 in Erongo, 11 in Hardap, twee in Oshana en een in //Kharas in.

Die aktiewe gevalle staan nou op 2 030 waarvan agt baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een kritieke geval in Erongo en een baie ernstige en ses kritieke gevalle in Khomas in.

Die sterftesyfer staan steeds op 123, huidig word 9 707 kontakte gemonitor, tot op hede is 102 031 weefselmonsters getoets en 1 173 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A