90% minder mense in sommige sentrums
90% minder mense in sommige sentrums

90% minder mense in sommige sentrums

Eiendomsbeleggings in SA trek swaar
Nellie Brand-Jonker



Besoekersgetalle by winkelsentrums waar laerinkomstegroepe hul inkopies doen, het in April met 90% gedaal.

Growthpoint, die grootste eiendomsbeleggingsgroep op die JSE, het in 'n handelsverklaring die impak van die nasionale staat van inperking op sy huurinkomste uitgewys.

Hulle meen dit is omdat dié verbruikers op openbare vervoer staatmaak.

In al sy winkelsentrums was besoekergetalle omtrent 50% tot 60% van wat dit gewoonlik in April is.

Winkelsentrums in woonbuurte het beter gevaar omdat mense in dié tyd verkies om naby hul huise inkopies te doen en nie ver na winkelsentrums te ry nie.

Van die drie kommersiële eiendomsektore in Suid-Afrika, is kleinhandel die ergste geraak deur die uitwerking van die vlak 5-inperking.

Net 47% van rekeninge wat uitgestuur is, is in April deur kleinhandelaars betaal en in Mei net 54%.

Die groep sê die bystand wat hy aan sy huurders gegee het, het onder­skeidelik R38,6 miljoen en R26,3 miljoen in die twee maande beloop.

Hulle het in April R1 miljard se rekeninge aan sy eiendomsektore uitgestuur en R735,4 miljoen of 71% daarvan is betaal.

In Mei is rekeninge van R951,6 miljoen uitgestuur en 70% of R665 miljoen is betaal.

Kleinhandelaars het in April die minste van die huur betaal wat moes betaal word, en hospitale die minste in Mei.

Van die R25,9 miljoen se rekeninge wat uitgestuur is aan hospitale wat by hom huur, is net R13,5 miljoen betaal.

“Die fakture wat uitgestuur word aan huurders en wat betaal word, bly veranderlik omdat daar daagliks nog versoeke om verligting ontvang word.”

Sy kleinhandelportefeulje se blootstelling aan genoteerde winkelgroepe wat nienoodsaaklike produkte verkoop, is 27% en winkels wat noodsaaklike produkte verkoop en kon handel dryf, 22%.

Verder is 18% van die winkelruimte in sy winkelsentrums verhuur aan middelslag- tot groot ongenoteerde winkelgroepe wat nienoodsaaklike produkte verkoop en 16% wat noodsaaklike produkte verkoop en gedeeltelik oop was.

Sedert Mei, toe die vlak 4-inperking in werking getree het, kon meer winkels begin handel dryf. Dit sluit in dié wat winterklere en skoene verkoop, skryfbehoeftes, beddegoed, sekere skoonheidsprodukte, rekenaars, selfone, hardeware en kantoortoerusting.

Growthpoint is deel van die Property Industry- (PI) groep wat tydens die staat van inperking gestig is om kleinhandelaars met hul huur te help.



V&A WATERFRONT

Die V&A Waterfront in Kaapstad is wesenlik deur Covid-19 geraak omdat twee derdes van sy netto inkomste van die kleinhandel- en hotelsektor kom.

Albei die sektore is baie afhanklik van buitelandse toerisme wat die helfte van winkels se verkope en tot 80% van hotelle se besoekers bydra.

Growthpoint besit 'n groot belang in die winkelsentrum.

Die betalings van die twee sektore was in April en Mei baie laag en het die hele sentrum se betaling verlaag tot 50% van die fakture wat uitgestuur is.

“Internasionale toerisme sal waarskynlik lank neem om terug te keer. Suid-Afrikaners sal ongetwyfeld baie armer uit die krisis kom, gegewe baie afleggings, geen bonusse en salarisse nie.

'n Vinnige herstel in plaaslike toerisme is onwaarskynlik.”

In April is R19 miljoen se afslag op huur en in Mei R7 miljoen se afslag op huur vir huurders in die winkelsentrum gegee.

Dié syfers is nie by bogenoemde afslag aan die kleinhandelsektor ingesluit nie.



VERLIGTING

Volgens die maatskappy is huurverligting aan 1 494 klein ondernemings verskaf waarvan 694 erg benadeel is deur die inperking en 800 matig geraak is.

“Ons is nog besig om die huur te finaliseer vir alle ander middelslag-, groot en genoteerde kleinhandelhuurders vir April. Dit kan nog 'n impak op Mei hê as 'n ooreenkoms bereik word.”

Die aanbod van die vyf genoteerde klerewinkelgroepe om net 20% van munisipale belasting te betaal en 'n deel van hul huur in April, is verwerp en die regering is nou genader om te bemiddel.

“Vordering word gemaak met die onderhandeling met vier van die vyf kleinhandelaars. Ons verwag invorderings van kleinhandelaars gaan begin verbeter wanneer hulle hul huur begin betaal.”

Growthpoint glo die goeie gehalte en uiteenlopende aard van sy portefeulje van eiendomme saam met versigtige kontantvloeibestuur en hoe sterk sy balansstaat is, sal die maatskappy tydens die krisis help.

“Hoewel meer bedrywighede toegelaat is op vlak 4, maak die onsekerheid en maatreëls van die regering in elke vlak van die inperking dit onmoontlik om die volle impak op die onderneming te bepaal.”

Die groep gaan op 22 Junie weer terugvoer gee oor die impak op sy resultate.



EDCON

Die Edcon-groep wat Edgars en Jet besit, het einde April in vrywillige sakeredding gegaan.

Growthpoint se blootstelling aan Edcon is 88 000 vierkante meter waarvan Jet omtrent 20 000 vierkante meter is.

“As daar belangstelling is van 'n party om Jet te koop, of ander dele van die onderneming, sal dit 'n positiewe uitslag vir ons blootstelling hê.”

“Ten opsigte van die Edgars-winkels in sy winkelsentrums ondersoek Growthpoint opsies om die ruimte te onderverdeel en 'n tweede supermark as ankerhuurder bekend te stel waar moontlik, maar dit is 'n duur oefening.”

Volgens Growthpoint het die hele eiendomsbedryf intussen 'n aanbod van die sakereddingspraktisyn gekry om in die komende maande net huur te betaal gegrond op die omset van die winkels.

Growhtpoint sê die aanbod word nog oorweeg. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.01/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.95/BBP UP +0.06% | Platinum US$ 912.58/OZ DOWN -0.0036 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.01/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.95/BBP UP +0.06% | Platinum US$ 912.58/OZ DOWN -0.0036