88 vas oor dwelms
88 vas oor dwelms

88 vas oor dwelms

Francoise Steynberg
Altesaam 88 verdagtes is in verband met dwelms vanaf 1 tot 30 September deur die Namibiese polisie in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is 84 van dié verdagtes Namibiërs, asook twee elk Tanzaniese en Kongolese burgers.

Beslag is op dwelms ter waarde van byna N$335 000 gelê.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer