u201880% van skole gereedu2019
u201880% van skole gereedu2019

‘80% van skole gereed’

’n Hersiende leerplan geld, met die fokus op die verkryging van die vaardighede om na die volgende graad te vorder.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle vanaf Junie in fases na die skoolbanke terugkeer.

Die regulasies sluit die aankoop van handreinigers en temperatuurskandeerders en die omvattende skoonmaak van skole en koshuise in.

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het 193 van die skole ’n probleem met die voorsiening van water. Die geraakte skole is in die Kavango-Wes-, Kavango-Oos, Omusati- en Omahekestreek geleë. Moontlike oplossings sluit die aankoop van ’n 10 000-litertenk, die sink van boorgate of aansluiting by ’n hoofwaterlyn in.

Steenkamp sê met die terugkeer van leerlinge sal onderwysers “inval waar hulle laas opgehou het”.

Volgens haar sal met ’n “hersiende leerplan” gewerk word wat beteken die werkslading is verminder, maar leerlinge kry steeds die basiese vaardighede wat nodig is om na die volgende graad te skuif.

Die fokus sal op die ses bevorderingsvakke val om sodoende te vergoed vir tyd wat verlore gegaan het.

Steenkamp sê die ministerie het besluit om onderrig op Saterdae weens sekere godsdienstige praktyke nie voorskriftelik te maak nie.

Sy het beklemtoon geen sport sal op skoolgronde beoefen word nie en kontakspeletjies op speelgronde is taboe.

Met verwysing na die voorsiening van maskers aan leerlinge het Steenkamp gesê die ministerie werk nou saam met die ministeries van arbeid en handel vir die vervaardiging van maskers vir elke leerling.

Sy het beklemtoon die infasering van die verskillende grade se terugkeer is gebaseer op “openbare gesondheidsoorwegings in die beste belang van die kind”.

In die eerste fase keer graad 11 en 12-leerlinge op 3 Junie terug skool toe omdat “ons hulle wil deursien tot die eksamens” wat fokus op die hersiende leerplan en die uitfasering van graad 12. In fase twee kom pre-primêr tot graad 3 aan die beurt op 22 Junie.

“Dit is die grondslagfase wat ons wil versterk en is meer gebaseer op vaardighede. Dit is die groep wat die minste baat by selfstudie en wat nie noodwendig syfer- en lettervaardighede het nie,” sê Steenkamp.

Klem sal volgens haar net op vier areas val en wel twee tale, wiskunde en omgewingstudies. In laasgenoemde sal veral sterk klem gelê word op gesondheid en kwessies soos sosiale afstand en higiëne.

Graad 7 en 9, “die einde van ’n fase”, kom op 6 Julie aan die beurt, gevolg deur die oorblywende grade op 20 Julie.

Die direkteur van onderwys in die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries het op sy beurt gesê maatreëls is getref om te verseker watervoorsiening by skole in die streek word nie afgesny nie. Volgens hom is alle rekeninge tot in April vereffen en bly “kommunikasiekanale” met verwante partye oop.

Met verwysing na voedingsprogramme by skole in die streek het Vries gesê mieliemeelmengsels word by die skole deur ouers en voogde van geraakte leerlinge afgehaal. Voorraad is tot einde Julie beskikbaar, met gesprekke aan die gang om te verseker die verskaffing duur tot die einde van die jaar voort.

Volgens Vries het skole in die streek wat oor naaimasjiene as praktiese deel van sekere vakke beskik, reeds met die maak van maskers begin. Die plan is om te verseker elke leerling sal twee wasbare en herbruikbare maskers hê.

Vries sê die dra van maskers sal deel van skole se reëls en regulasies en “deel van skooluniforms” moet word. Volgens hom sal leerlinge met die terugkeer na skole steeds “’n mate van winter” ervaar en is dit noodsaaklik dat dié wat siek is, eerder tuisbly.

Hy het beklemtoon die ministerie “sal niks doen om die gesondheid van leerlinge te benadeel nie”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.95/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.01/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.95/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.01/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092