70 nuwe gevalle van Covid-19, totaal nou 2 294

02 August 2020 | Gesondheid
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste mnr. Ben Nangombe het 70 nuwe gevalle van Covid-19 in die land aangekondig. Dit bring die totaal op 2 294 te staan. Uit die 70 nuwe gevalle is 43 in Walvisbaai, 12 in Swakopmund, 12 in Windhoek, een in Engela en een in Lüderitz. Die 70 gevalle bestaan uit 40 mans en 30 vroue en die ouderdomme wissel van een tot 58 jaar.

Met verwysing na die gevalle in Windhoek sê Nangombe die ouderdomme wissel van 22 tot 58 jaar en is nege vroue en vier mans. Vyf is gesondheidswerkers en twee is argitekte. Hiervan is nege kontakte van bevestigde gevalle. Drie van die gevalle het Covid-19-verwante simptome. Onder die kontakte was net twee in kwarantyn.

Die geval in Engela is 'n vierjarige meisie wat saam met vier ander kinders van dieselfde huishouding van Walvisbaai gereis het. Almal is in kwarantyn geplaas en getoets.

Die geval in Lüderitz is 'n 51 jarige man en vragmotorbestuurder wat van Walvisbaai gereis het om hier 'n vrag af te laai.

Met die nuwe protokol wat geld vir isolasie en kwarantyn sê Nangombe die verwagting is 'n toename in gevalle wat herstel het. Volgens hom het nog 16 gevalle ten volle herstel. Nege van die gevalle is in Walvisbaai en ses in Windhoek. Een geval word nog geverifieer. Die aantal gevalle wat herstel het, staan nou op 170 en die sterftesyfer staan op 11. Die aantal aktiewe gevalle is 2 096 en tot op hede is 27 718 weefselmonsters getoets. Tans is 1 672 mense in kwarantyn

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

34 minute gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

15 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

15 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

15 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

15 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

15 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...