63 nuwe gevalle, twee sterftes
63 nuwe gevalle, twee sterftes

63 nuwe gevalle, twee sterftes

Henriette Lamprecht
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê uit 1 107 weefselmonsters wat getoets is, het 63 persone positief vir Covid-19 getoets. Nangombe het ook twee Covid-19-verwante sterftes aangekondig en wel dié van 'n 61-jarige man in Windhoek en 'n 28-jarige man in Swakopmund. Albei het onderliggende mediese toestande gehad. Dit bring die totale getal Covid-19-verwante sterftes vir die land op 108 te staan.

Uit die 63 nuwe gevalle is 37 vroue en 26 mans. Die jongste is sewe jaar oud en die oudste 75 jaar oud. Uit die 63 nuwe gevalle is 44 in Windhoek, twee elk in onderskeidelik Walvisbaai en Swakopmund, een in Omaruru, vyf in Rundu, drie in Rehoboth, een in Mariental, twee in Tsumeb en een elk in onderskeidelik Oshakati, Otjiwarongo en Gobabis.

Volgens Nangombe het 1 778 mense positief getoets vir Covid-19 uit die 13 527 weefselmonsters wat in die tydperk 1 tot 15 Augustus getoets is. Dit is 'n positiewe koers van 13%, terwyl die gemiddelde aantal toetse per dag vir dié tydperk 901 was. Vir die tydperk 16 tot 30 Augustus is 19 048 weefselmonsters getoets waarvan 3 458 positief was (18%). Die gemiddelde getal toetse per dag was 1 269. Vir die tydperk 31 Augustus tot 14 September is 20 317 weefselmonsters getoets, waarvan 2 453 positief was (12%). Die gemiddelde toetse per dag was 1 354. Vir die tydperk 15 tot 16 September is 2 016 weefselmonsters getoets waarvan 146 positief was (7%). Die gemiddelde getal toetse per dag was 1 008.

Nangombe sê 144 mense het herstel wat die totaal nou op 7 502 te staan bring. Dit sluit 103 in Khomas, Omusati 12, Kunene 10, //Kharas nege, Erongo agt en Omaheke twee in.

Uit die 2 354 aktiewe gevalle is 14 baie ernstig of kritiek. Dit sluit vier kritieke gevalle in Erongo en vier baie ernstige en ses kritieke gevalle in Khomas in.

Tot op hede is 83 4024 weefselmonsters getoets, 9 669 kontakte word gemonitor en 1 072 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer