50 miljoen leef met demensie
Sowat 60% van mense wat met demensie leef, woon in lae- en middelinkomstelande.
Henriette Lamprecht
Wêreldwyd leef sowat 50 miljoen mense met demensie, met byna 60% wat in lae- en middelinkomstelande woon.
Jaarliks word sowat 10 miljoen nuwe gevalle van die siekte aangemeld.
Die beraamde persentasie van die algemene bevolking in die ouderdomsgroep 60 jaar en ouer wat met demensie leef, is op enige gegewe tyd tussen 5 en 8%.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sal sowat 82 miljoen mense teen 2030 met demensie leef, en sowat 152 miljoen teen 2050.
'n Groot rede vir die toename is die stygende aantal mense wat in lae- en middelinkomstelande met demensie leef.
Tans is geen behandeling beskikbaar om die siekte te genees of om die siekte se vordering te verander nie.
Die WHO het nou nuwe riglyne bekend gestel om die risiko van demensie te verminder.
Dit sluit gereelde oefening, om nie te rook nie, 'n gesonde dieet en die handhawing van gesonde bloeddruk-, cholesterol- en bloedsuikervlakke in.
“In die volgende 30 jaar gaan die aantal mense wat met demensie leef na verwagting verdriedubbel,” sê die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Ghebreyesus.
“Ons moet alles in ons vermoëns doen om die risiko van demensie te verminder. Die wetenskaplike bewyse wat gebruik is om die riglyne saam te stel, bevestig wat ons reeds vir 'n geruime tyd vermoed – wat goed is vir ons hart, is ook goed vir ons brein,” het Ghebreyesus gesê.
Die riglyne verskaf 'n kennisbasis vir verskaffers van gesondheidsdiente om hul pasiënte in te lig oor wat hulle kan doen om kognitiewe agteruitgang en demensie te help voorkom.
Die riglyne kan deur regerings, beplanningsowerhede en beleidmakers gebruik word om hulle te lei in die ontwikkeling van beleidsrigtings en programme om 'n gesonde leefstyl te bevorder.
Die vermindering van risikofaktore vir demensie is een van verskeie gebiede van aksie wat in die WHO se wêreldplan in reaksie op demensie ingesluit is.
Die WHO se wêreld- demensiewaarnemingsprogram, wat in Desember 2017 van stapel gestuur is, is 'n versameling inligting oor aktiwiteite in lande, asook hulpbronne vir demensie.
Inligting van 21 lande, insluitende Bangladesj, Chili, Frankryk, Japan, Jordanië en Togo is reeds ingesluit, met 'n totaal van 80 lande wat nou ook inligting verskaf.
'n Belangrike komponent van elke nasionale demensieplan is ondersteuning vir die versorgers van mense wat met demensie saamleef, sê dr. Dévora Kestel, direkteur van die WHO se departement vir geestesgesondheid en dwelmmisbruik.
“Versorgers van mense met demensie is dikwels familielede wat aansienlike aanpassings in hul gesins- en professionele lewens moet maak,” het Kestel gesê.
In die lig hiervan het die WHO iSupport geskep, 'n aanlyn opleidingsprogram wat raad aan versorgers verskaf oor die algehele bestuur van versorging, die hantering van gedragsveranderinge en ook hoe om na hul eie gesondheid om te sien.
Demensie word as 'n siekte beskryf wat deur 'n afname in kognitiewe funksie gekenmerk word, wat groter is as wat van die normale verouderingsproses verwag word. Dit raak geheue, denke, oriëntasie, begrip, leervermoë, taal en oordeel.
Dit is die gevolg van 'n verskeidenheid siektes en beserings wat die brein raak, en sluit alzheimers of beroertes in.
Volgens 'n verklaring deur die WHO is demensie 'n grootskaalse oorsaak van gestremdheid en afhanklikheid onder ouer mense.
Die siekte plaas 'n reuse- ekonomiese las op gemeenskappe, en die koste van die versorging van mense met demensie sal teen 2030 jaarliks tot US$2 triljoen styg.
Die verklaring sê demensie het beduidende maatskaplike en ekonomiese implikasies weens die koste van direkte mediese en maatskaplike versorging, en weens die koste van informele versorging.
In 2015 was die totale maatskaplike koste van demensie wêreldwyd sowat US$818 miljard – gelykstaande aan 1,1% van die wêreld se bruto binnelandse produk (BBP).
Hoewel ouderdom die grootste bekende risikofaktor vir demensie is, is dit volgens die WHO nie 'n onvermybare gevolg van veroudering nie.
Demensie raak ook nie uitsluitlik ouer mense nie.
Tot 9% van demensiegevalle behels mense jonger as 65 jaar.
Bykomende risikofaktore sluit in depressie, maatskaplike isolering en kognitiewe passiwiteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie