45-jarige man is Namibië se eerste Covid-10-sterfgeval
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 45 jarige man is die land se eerste Covid-19-sterfgeval. Volgens Shangula het hy op 5 Julie by die staatshospitaal op Walvisbaai aangeklop met klagtes van duiseligheid, hoes en het hy moeilik asem gehaal. Hy het op op 2 Julie ook gesondheidsgeriewe besoek. Volgens Shangula is hy vroeër met skisofrenie gediagnoseer, het hy goed op behandeling gevaar en geen onlangse episodes van psigose gehad nie. Met sy opname in die Walvisbaaise staatshospitaal is hy met longontsteking diagnoseer. Op 6 Julie het sy toestand versleg en het hy tekens getoon van sepsis en het sy niere begin oppak. Op 8 Julie het sy toestand verder versleg en het hy op dieselfde dag gesterf. Op 10 Julie het uitslae gewys hy was Covid-19-positief.
Die aantal Covid-19-gevalle in Namibië het met 52 tot 667 gestyg. Volgens Shangula is 50 Namibiërs en twee Indiërs met werkspermitte in die land. Uit die 52 nuwe gevalle is 49 van die Erongostreek en een van Oshakati in die Oshanastreek en twee van kwarantyngeriewe in Okahandja wat onlangs na Indië gereis het.
Die geval in Oshakati het onlangs uit Walvisbaai gereis en is op 1 Julie in kwarantyn geplaas. Volgens Shangula is 27 mans en 25 vroue. Die jongste is 2 jaar oud en die oudste 56 jaar oud.
Tot op hede is 12 789 weefselmonsters getoets is en is 825 mense tans in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie