43 leerlinge, 3 onderwysers deel van nuwe Covid-19-gevalle
Uit die 99 nuwe Covid-19-gevalle is 43 leerlinge en drie onderwysers. Uit die 52 nuwe gevalle in Windhoek is 37 leerlinge, waarvan 32 van die hoërskool St. Joseph in Dobra en vyf van ander skole is. Almal is kontakte van bevestigde gevalle. Die primêre bron van infeksie van die hoërskool St. Joseph is 'n begrafnis wat in Gobabis plaasgevind en deur een van die leerlinge bygewoon is. In ander streke is ses leerlinge, drie onderwysers en drie gesondheidswerkers onder die nuwe gevalle.
Uit die 99 nuwe gevalle is 52 in Windhoek, 16 in Lüderitz, vyf in Omaruru, twee in Swakopmund, een in Walvisbaai, ses in Rehoboth, vyf in Oshakati, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Grootfontein en Engela en een elk in onderskeidelik Oshikuku, Outapi en Onandjokwe en drie in Gobabis aangeteken. Dit sluit 53 vroue en 46 mans in. Die ouderdomme wissel van vyf maande tot 69 jaar.
Nog 18 mense het herstel wat die totaal op 13 209 te staan bring. Dit sluit agt in onderskeidelik Erongo en Khomas en een elk in onderskeidelik Omaheke en Ohangwena in.
Die aktiewe gevalle staan tans op 455 waarvan vier in 'n baie ernstige of kritieke toestand is. Dit sluit een baie ernstige en een kritieke geval in Khomas en twee baie ernstige gevalle in Oshana in.
Tot op hede is 146 495 weefselmonsters getoets, 2 809 kontakte word gemonitor en 518 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie