40 bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië
Namibië het sy 40ste bevestigde Covid-19-geval in die land aangeteken. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula is geval 40 'n 45-jarige bemanningslid wat geen onlangse reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde Covid-19 geval het nie.
Die man van Kuisebmond, Walvisbaai, het vir 'n roetine mediese ondersoek gegaan voordat hy weer sou uit vaar. Hy was laas in Januarie vanjaar op see en het nie sedert 6 Mei gereis nie.
Volgens Shangula toon hy geen simptome nie.
Met verwysing na geval 22 wat in 'n intensiewesorgeenheid in Welwitschia Private Hospitaal is, het die minister gesê hy haal op sy eie asem en toon baie goeie vordering.
Tot op hede is 6 514 weefselmonsters getoets waarvan 162 Donderdag getoets is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie