4 kan nou saamklets op WhatsApp-video
Petrus Malherbe – As jy deel is van ’n groep van vier beste vriende, sal WhatsApp se nuwe funksie jou baie beïndruk.
Die wêreld se gewildste kletsdiens laat nou groepvideogesprekke met tot vier deelnemers toe.
Begin bloot ’n nuwe videogesprek met ’n vriend en kies “add participant” in die boonste hoek van die skerm.
Elke deelnemer aan die gesprek sal in sy of haar eie blokkie verskyn.
En ja, julle kan oor en weer gesels soos wat ’n natuurlike gesprek sou verloop, sê WhatsApp.
In ’n inskrywing op sy blog verduidelik die diens die gehalte van die video sal aangepas word afhangende van die netwerkspoed van elke deelnemer.
Die gesprekke word ook deur enkodering beveilig wat enige meeluisteraar in sy spore sal stuit.
Die nuwe funksie is van vandeesweek af beskikbaar op Android-fone en iPhones. Gaan bloot na die app-winkel en maak seker dat jy die jongste weergawe van WhatsApp het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie