35 jaar vir meisie se moord
Ananias Ekongo Nailenge wat daarvan beskuldig is dat hy sy meisie Tuyakula Nandjato in 2014 in haar woonstel in Oshakati vermoor het, is deur regter Marlene Tommasi in die hoërhof op Oshakati tot 35 jaar tronkstraf gevonnis. Nailenge (30) is in Maart vanjaar aan moord skuldig bevind. Die hof het bevind Tuyakula is op 4 Februarie 2014 deur Nailenge met ‘n kapmes in Oshakati-Wes onthoof. Volgens die staatsadvokaat Jatiel Mudamburi het Nailenge geen berou vir haar moord getoon nie. Volgens Mudamburi was die moord een van die misdade wat vir die doodstraf kwalifiseer, sou dit nie voor onafhanklikheid in Namibië afgeskaf is nie.
Twee familielede van Tuyakula, Ileni en Hileni Nandjato, het getuig sy was die enigste broodwinner en geen vonnis of straf sal die familie tevrede stel nie. Nailenge is deur mnr. Petrus Grusshaber verteenwoordig. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie