345 leerlinge toets positief vir Covid-19
Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%) gevolg deur die Khomasstreek met 68 (19,7%). Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is al die gevalle wat meer as tien in 'n distrik is, óf in koshuise óf in tronke.
In die Oshikotostreek het 170 leerlinge (78 meisies, 92 seuns), Khomas 68 leerlinge (36 meisies, 32 seuns), Hardap 21 (12 meisies, 9 seuns), Oshana 17 (12 meisies, 5 seuns), ||Kharas 15 (10 meisies, 5 seuns), Otjozondjupa 7 (4 meisies, 3 seuns), Kavango 4 (3 meisies, 1 seun), Omaheke 4 (3 meisies, 1 seun), Ohangwena 3 (2 meisies, 1 seun), Omusati 1 (1 seun) positief vir Covid-19 getoets.
Shangula het gister 125 nuwe gevalle aangekondig waarvan 82 mans en 43 vroue is. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 74. Uit die 125 nuwe gevalle is 58 op Onandjokwe, 17 in Windhoek, 14 op Rundu, 5 elk op onderskeidelik Omaruru en Walvisbaai, 3 op Swakopmund, 1 op Usakos, 11 op Eenhana, 4 op Rehoboth, 3 op Okahandja en 1 elk op onderskeidelik Okakarara, Katima Mulilo, Karasburg en Gobabis aangeteken.
Volgens Shangula het nog 77 mense herstel en wel 36 in Khomas, 35 in Otjozondjupa, 2 elk in onderskeidelik ||Kharas en Ohangwena en 1 elk in onderskeidelik die Zambezi- en Kunenestreek. Dit bring die totaal op 9 014 te staan.
Tans het die land 2 130 aktiewe gevalle waarvan 14 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige en een kritieke geval in Erongo en vier baie ernstige en agt kritieke gevalle in Khomas in.
Tot op hede is 97 952 weefselmonsters in die land getoets met die Namib Poultry-laboratorium wat nou ook deel van die ses laboratoriums in die land is wat vir Covid-19 kan toets. Tans word 8 255 kontakte gemonitor en is 1 003 mense in kwarantyngeriewe in die land. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie