33% van AS-kandidate nié in skool

Sommige het die nuwe graad 12-leerplan verlaat om te begin werk, ander neem beroeps­gerigte vakke, en die res kon nie die druk hanteer nie en het besluit om die res van die skooljaar tuis te bly.
Yandi Du Plessis
Ester Kamati



Van die 21 648 leerlinge wat die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak (NSSCO)-eksamen aan die einde van graad 11 afgelê het, het 7 581 gekwalifiseer om voort te gaan met die nuwe Gevorderde Vlak (AS)-kurrikulum.

Onder dié groep is 33,2% nie in die skool nie en sal dus nie aan die einde van hierdie jaar eksamen skryf nie.

In die stadium is 5 021 leerlinge landswyd vir die AS-leerplan ingeskryf. Die Khomasstreek het die meeste AS-leerlinge, met 953 wat by skole ingeskryf is, gevolg deur Ohangwena met 669, terwyl die Hardapstreek met 54 die laagste syfer het.

Terwyl sommige die nuwe graad 12-kurrikulum verlaat het om te begin werk en ander beroepsgerigte vakke te neem, kon ander nie die druk hanteer nie en het hulle besluit om die res van die akademiese jaar tuis te bly. Intussen is 'n handjievol gedwing om uit te val weens administratiewe foute.



ADMINISTRATIEWE FLATERS

Rafael Uusiku is vanjaar by 'n skool op Tsumeb ingeskryf om voort te gaan met die AS-leerplan – met rekeningkunde, ekonomie en Engels as vakke. Vandag wag hy tuis vir die akademiese jaar om te eindig sodat hy volgende jaar van voor af kan begin nadat hy skool verlaat het.

Uusiku het gesê hy was nie van plan om die skool te verlaat nie, maar hy moes dit noodgedwonge weens 'n “misverstand” doen.

Uusiku is meegedeel dat hy vanaf die tweede skooltermyn nie meer met die leerplan kan voortgaan nie.

“Ek is meegedeel dat ek nie aan die AS-vereistes voldoen nie, en ek kon nie vir eksamens registreer nie, dus het ek geen ander keuse gehad as om uit te val nie,” het hy gesê.

Hy voel met 24 punte in vyf vakke, is sy opsies beperk.

“Die kursus wat ek by die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) wou neem, vereis 25 punte. Ek sou my jaar gebruik het om my punte te verbeter, teen die tyd dat ek die skool moes verlaat, was dit te laat,” het hy gesê en bygevoeg die skool “het my tyd gemors” toe hy ingeskryf is terwyl hy nie aan die vereistes voldoen het nie.

Hy is glo aangeraai om sy graad 11 by die skool te herhaal, maar het geweier omdat dit te laat in die skooljaar was om die werk in te haal en hy die goeie punte wat hy in drie vakke behaal het, net sou bederf.

“Ek het net besluit om te wag tot volgende jaar en die vakke te verbeter waarin ek die swakste gevaar het.”

Hy het onderwysers geprys aangesien hulle hul bes probeer het, hoewel hy gesê het daar is nog 'n paar wat sukkel om hul vakke aan te bied.

'n Onderwyser by 'n hoërskool in Windhoek wat verkies om anoniem te bly, het gesê die skuif na AS-vlak is senutergend, aangesien onderwysers voel hulle het nie voldoende opleiding ontvang nie.

“Daar is geen onderwysers op AS-vlak nie. Ons moet die nuwe leerplan aanbied wat vir ons ook moeilik is, omdat daar nie voldoende opleiding was nie,” het hy gesê.

Nóg 'n struikelblok is die beperkte hulpbronne vir die nuwe kurrikulum. Die minister van onderwys, me. Anna Nghipondoka, het dít erken tydens haar besoeke aan die streke om onderwysers te motiveer.

Sy het gesê die verspreiding van handboeke vir die meeste vakke is aanvanklik vertraag, maar dit is nou beskikbaar.

“Wat die vakke met lae toelatingsvereistes soos Engels en ander Afrikatale betref, is die handboeke tans nie beskikbaar nie. Ons onderwysers gebruik tans vertaalde materiaal sowel as ekstra materiaal wat deur die kurrikulumpanele ontwikkel is.

“Die ministerie beplan om verkose onderwysers op te lei om leermateriaal vir Afrikatale te ontwikkel, met min leerlinge wat op AS-vlak ingeskryf word om die kwessie op lang termyn aan te pak.”

Vanjaar het die aantal graad 11-­leerlinge meer as verdubbel, met 54 084 wat ingeskryf is in vergelyking met verlede jaar se 21 648.

Van dié wat vanjaar ingeskryf is, is 46 771 voltydse leerders.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%