30 000 skoolboekies vir Amos-leerlinge
Die Amos Meerkat-skoolprojek maak gereed vir die 2018-skooljaar en as deel daarvan het Newsprint onlangs sowat 30 000 skoolboekies vir die projek gedruk om na die sowat 180 skole in Namibië te versprei. Sowat 4 100 kinders tussen die ouderdom van 5 en 6 jaar ontvang voorskoolse onderrig by onderwysers wat deur die Amos Meerkat-skoolprojek opgelei is. Van links is mnr. Arrie Hougaard, algemene bestuurder: publikasies by Namibia Media Holdings, me. Henriëtte Crause, produk- en bemarkingsbestuurder by Hollard Namibia, mnr. Schalk Walters, direkteur van die Amos Meerkat-skoolprojek, en mnr. Gordon Pokolo, bestuurder van borgskappe en promosie by FNB Namibia. Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie