29 Zambiu00ebrs gevang wat onwettig visvang
29 Zambiu00ebrs gevang wat onwettig visvang

29 Zambiërs gevang wat onwettig visvang

Ronelle Rademeyer
Altesaam 29 Zambiese burgers is Donderdag in die Muyako-gebied by Ngoma in die Zambezistreek vir onwettige visvangste in hegtenis geneem.
Die polisie sê in sy misdaadverslag wat vanoggend (Vrydag) uitgereik is, die inhegtisnemings is gedoen nadat die polisie roetine-inspeksies in die gebied uitgevoer het.
Die verdagtes sal vandag op klagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Visserye, in die hof verskyn.
Intussen duur die polisie se ondersoek voort.

Kommentaar

Republikein 2023-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer