28ste QSB afrigtingskliniek en oefenkamp

12 January 2021 | Sport
Enzo Amuele
Die 28ste jaarlikse Quinton-Steele Botes afrigtingskliniek en oefenkamp is sedert 1993 'n hoogtepunt op die sportkalender in die eerste week ná die Nuwejaar.
Vanjaar is die oefenkamp die eerste keer by Affiespark in Pionierspark aangebied en het weer vir goeie gehalte gesorg.
Vanjaar se oefenkamp het aan atlete en afrigters die geleentheid gebied om aan hul vaardighede te bou. Die kamp het 20 hoofafrigters gehad (vyf van Suid-Afrika en 15 van Namibië) wat mans, vroue, seuns en meisies vanaf die ouderdom van vyf tot ouer as 50 gehelp het om vir die komende atletiekseisoen te slyp.
Die oefenkamp, die breinkind van wyle mnr. Quinton-Steele Botes, het in 1993 begin met slegs drie afrigters en speel vandag 'n groot rol in die sukses van Namibiese atlete.
Die kamp bereik meer as 3 000 atlete vanoor die hele land en streef ook om atlete afkomstig van minder bevoorregte skole en gemeenskappe te nooi en hulle in hul atletiekdrome by te staan.
Me. Leoni van Rensburg, organiseerder van die kamp en gekwalifiseerde IAAF vlak 4-afrigter, sê die bydrae van borge speel 'n enorme rol in die geleenthede wat die kamp vir atlete kan bied.
“My passie vir sport en atletiek motiveer my om atletiekvergaderings, die QSB atletiekklub en die oefenkamp te beplan en bestuur. Met die kamp en die hulp van ons borge wil ons graag soveel as moontlik atlete in die land bereik en ondersteun,” het Van Rensburg gesê.
Die kamp het byvoorbeeld atlete soos die skoolmeisie Beatrice Masilingi, wat die kamp in 2019 bygewoon het, gehelp bou aan haar atletieksukses.
Masilingi het die afgelope jaar die Namibiese rekords in die 200 en 400 oortref en oor laasgenoemde afstand ook die Olimpiese kwalifiserende standaard behaal.
VOLLE POTENSIAAL
“Dit is ongelooflik om te dink waar sy begin het en waar sy vandag is. Met die uitstekende afrigters wat ons het en die geleenthede wat ons borge moontlik maak, kan ons belê in ons plaaslike talent sodat hulle ons land in die toekoms ook op 'n internasionale skaal kan verteenwoordig,” sê Van Rensburg verder.
Sy sê die kamp hoop om deur afrigting, die ontwikkeling van vaardigheid, tegnieke en programme kennis in die gemeenskap en atlete terug te ploeg.
“Ons het soveel talent in ons skole en die land, maar nie alle atlete het die nodige hulpbronne en geleenthede om opleiding te ontvang wat hul vaardighede en tegnieke help bou nie. Ons wil graag ons atlete help om hul drome na te jaag en hul volle potensiaal te bereik,” het Van Rensburg gesê.

Soortgelyk
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
12 ure gelede | Gesondheid
Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het
14 ure gelede | Howe
Eloïse bring dalk storms
18 ure gelede | Weer
Swakoppoortdam loop oor
1 dag gelede | Weer
Voorvaderlike eise: Alle grond benut
1 dag gelede |
Woestynrivier laat lóóp
1 dag gelede | Weer
Noorde: Té nat én té droog
1 dag gelede | Weer
Making the art of painting look easy
1 dag gelede | Mense
Shoprite steeds in die hof
1 dag gelede | Arbeid
Kleinadvertensies