28 nuwe bevestigde Covid-19-gevalle
Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle het met nog 28 tot 285 gestyg. Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula het pas aangekondig 27 van die nuwe gevalle is van Walvisbaai.
Die ander geval is in kwarantyngeriewe naby Okahandja aangeteken. Die persoon het van Walvisbaai gereis.
Volgens Shangula is 20 mans en 8 vroue. Die jongste is vyf jaar oud en die oudste 61 jaar oud. Tot op hede is 9 563 weefselmonsters getoets, 811 aktiewe kontakte word gemonitor en 879 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie