27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle
Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg, Tsumeb, Engela, Katima Mulilo en Swakopmund - op tot 1 134. Gister is 1 649 nuwe gevalle aangemeld waarvan 785 in Windhoek is. Die positiewe koers is 36% en die nuwe gevalle sluit 183 leerlinge, 29 onderwysers, 27 gesondheidswerkers en 22 studente in. Die herstelkoers staan op 82% en 101 933 mense is teen Covid-19 ingeënt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie