27 migrante dood in Libiu00eb
27 migrante dood in Libiu00eb

27 migrante dood in Libië

Tanja Bause
Die lyke van 27 migrante is in die weste van Libië gekry, van wie 13 in 'n skeepsvraghouer versmoor het, sê die humanitêre organisasie Red Crescent.

“Dit lyk asof die lyke wat in die skeepsvraghouer gekry is vir dae lank daarin toegesluit was terwyl die houer na die kus van Khoms vervoer is, waar hulle sou probeer om die Middellandse See na Europa oor te steek,” lui 'n verklaring wat deur Red Crescent uitgereik is.

Volgens die verklaring het van die 56 migrante wat uit die houer gered is, ernstige beserings en ­beenbreuke opgedoen.

Nog 14 lyke is uit die see naby die kusdorp Zuwara, wes van Tripoli, gehaal en 124 mense is in die gebied gered.

Libië is 'n deurpad vir migrante­ wat die Middellandse See na Europa probeer oorsteek.

'n Rekordgetal van 181 000 het Italië verlede jaar bereik deur van die roete gebruik te maak.

In Libië gaan mensesmokkelaars­ straffeloos te werk.

Migrante­ word op verskeie maniere misbruik,­ met voorvalle van verkragting, marteling­ en gedwonge arbeid wat aangemeld word.

Vroeër vandeesweek is die lyke van 74 migrante aan die kus van Zawiya, 'n ander dorp wes van Tripoli, gekry.

Volgens die plaaslike kuswag het die smokkelaars wat die mense sou help, die boot waarop hulle die see sou oorsteek se enjin gesteel.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A