25ste Covid-19-geval bevestig
25ste Covid-19-geval bevestig

25ste Covid-19-geval bevestig

Henriette Lamprecht
'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula het die vrou einde Maart per bus na Suid-Afrika gereis en weer op 29 Mei per vliegtuig na Namibië teruggekeer. Sy is met haar aankoms in kwarantyn geplaas waar sy positief vir Covid-19 getoets het. Buiten vir 'n loopneus is haar toestand volgens Shangula bevredigend.
Met verwysing na Namibië se eerste twee gevalle, 'n Romeense egpaar, het Shangula gesê 79 dae nadat die man en vrou positief vir Covid-19 getoets het, het hulle ten volle van die siekte herstel. Tot op hede is 3 970 weefselmonsters getoets en 378 kontakte word gemonitor, sê Shangula. Tans is 619 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer