259 nuwe gevalle, vier sterftes
259 nuwe gevalle, vier sterftes
22 February 2021 | Gesondheid
Die Covid-19-verwante sterftes het met vier gestyg, met die totaal vir die land wat nou op 406 staan. Die jongste sterftes sluit een elk in onderskeidelik Windhoek, Onandjokwe, Mariental en Oshakati in. Uit die 259 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is, is 141 leerlinge en 11 onderwysers. Dit sluit 57 leerlinge van die senior sekondêre skool Onesi in die Tsandi-distrik, 30 van die senior sekondêre skool Uukule in die Onandjokwe-distrik en tien van die hoërskool Ruacana in die Outapi-distrik in. Drie gesondheidswerkers, een elk in onderskeidelik Katima Mulilo, Otjiwarongo en Windhoek is ook onder die nuwe gevalle.
Nog 183 mense het herstel wat die totaal op 35 273 en 'n herstelkoers van 93% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 2 055 waarvan 139 in die hospitaal en 15 in die ICU is. In Khomas is 50 in die hospitaal en 14 in die ICU, terwyl 24 in Erongo en 11 in Omusati in die hospitaal is.
Tans is 2 058 mense in kwarantyn en 4 203 kontakte word gemonitor.

Soortgelyk
Vrou woon in haar motor by hospitaal
6 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
6 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
6 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
6 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
6 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
6 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
6 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
6 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
6 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies