25 sterftes, 614 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met 25 in sewe distrikte tot 2 557. Die Oshakati-distrik het die meeste sterftes gister gehad en wel sewe, gevolg deur die Onandjokwe-distrik met vyf sterftes, die Swakopmund-distrik met vier, Windhoek- en Tsandi-distrikte met drie elk, Okahandja-distrik met twee elk en die Okakarara-distrik met een sterfte. Onder die sterftes was drie tuissterftes, een in Swakopmund en twee in Tsandi. 'n Pensioenaris (75) van Windhoek wat ten volle ingeënt was, is ook onder die sterfgevalle.
Gister is 614 nuwe gevalle in 13 streke aangemeld met die meeste in Oshikoto (19%), gevolg deur Omusati met 15%. Die nuwe gevalle sluit 69 leerlinge, 19 onderwysers, nege studente, 20 gesondheidswerkers en 50 gevangenes in die Rundu-distrik in.
Vyftien gevalle (2%) het een dosis entstof ontvang, waarvan vyf ten volle ingeënt is.
Tans is daar 21 860 aktiewe gevalle waarvan 598 in die hospitaal en 112 in die ICU is. Tot op hede is 136 599 mense teen Covid-ingeënt, waarvan 35 135 'n tweede dosis ontvang het. Die herstelkoers is 78%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie