211 nuwe gevalle, 6 sterftes
Die Covid-19-verwante sterftes skuif met ses - twee in Okakarara en een elk in Walvisbaai, Otjiwarongo, Rundu en Grootfontein - op tot 622. Vandag is 211 nuwe gevalle aangemeld waarvan 90 leerlinge, tien onderwysers en agt gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 427 waarvan 122 in die hospitaal en 41 in die ICU is. Tot op hede het 45 278 (96%) van die gevalle herstel.
Tot op hede is 9 460 teen Covid-19 ingeënt. Tans is 1 346 mense in kwarantyn en 3 739 kontakte word gemonitor.
Tot op hede is 9 460 teen Covid-19 ingeënt. Tans is 1 346 mense in kwarantyn en 3 739 kontakte word gemonitor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie